Twee dood, 5 beseer in botsing op N11

(Foto: ER24)

Twee mense is dood en vyf ander beseer in ʼn botsing Saterdagmiddag op die N11 in Amersfoort, sowat 15 km in die rigting van Ermelo in Mpumalanga.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het kort na 14:30 op die toneel aangekom waar brandbestryders en polisiebeamptes reeds teenwoordig was. “By nadere ondersoek het paramedici gevind twee mense het noodlottige beserings opgedoen,” sê Van Huyssteen.

“Nog ʼn persoon het ernstige beserings opgedoen, terwyl vier ander geringe tot matige beserings opgedoen het.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle deur ER24 en die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thelsa ·

Ek sien ‘n ongeluk waar 2 mense grstetf het. Ek sien sperstrepe. Ek neem aan die sperstrepe is met ‘n doel aangebring. Motorbestuurders leer blykbaar sleg.

skurweberg ·

‘n Houding van traak-my-nie-agtigheid die afgelope 15 jaar op die paaie van Suid-Afrika. Dit bly tragies en ons gebede vir vertroosting is met die geliefdes.

Dr Phil ·

Gelukkig het ons binnekort Aarto-wetgewing wat ons paaie super veiling sal maak… Dis nou volgens die agbare minister!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.