Twee dood, 7 beseer in gru-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Saterdagaand dood en sewe beseer in ʼn gru-botsing in Vanderbijlpark waarby vier voertuie betrokke was.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê dit is steeds nie duidelik hoe die botsing plaasgevind het nie.

“Paramedici het laat die aand by die toneel in Barrageweg opgedaag. Een mens het toe reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk,” het Rossouw gesê. “Twee ander mense was kritiek en paramedici het hulle dadelik probeer stabiliseer. Ongelukkig het een van dié beseerdes ook op die toneel gesterf.”

Rossouw het gesê die ander pasiënt is in ʼn kritieke toestand na die Mediclinic Emfuleni-hospitaal gehaas. Ses ander pasiënte wat matige tot ernstige beserings opgedoen het, is deur ander nooddienste op die toneel behandel en ook na verskillende hospitale vervoer.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Of daar nou met ‘n motorfiets, motor, viertrek, bakkie, vragwa, taxi gery word maak dit nie saak want gereeld op die Barrageweg word rooi verkeersligte verontagsaam. Wees maar versigtig veral as jy regs wil draai en die lig alreeds rooi is sal daar nog steeds een of meer wees wat oorfoeter. Al die kruisings is lewensgevaarlik.

Alwyn ·

vd Bijl gen uitsondring nie – Port Elizabeth in dieselfde bootjie. Dit is veral saans en snags die geval. Ek neem niks vanselfsprejend aan nie en probeer om die weë en die strate dan te vermy deur tuis te bly sover moontlik.

johny ·

Baie mense kan nie afstand skat nie..Dit veroorsaak baie ongelukke

ANDRE ·

Daar is mense wat GEEN rooilig kan sien nie , of die ligte nou flikker of nie.Rooi is groen en pers is swart.

Tony ·

Ek begin gereeld 5 uur die oggend te werk dit is 22km werk toe en ek moet by omtrent elke groen robot stilhou wens verkeer wat glad nie by rooi stop nie!!!

KLEIN ·

Ek dink baie van die padverbruikers kan nie lees en is ook kleurblind. Kan nie rooi of groen onderskei nie. Nog minder kan hulle lees want stopstrate word net verontagsaam.

Maggie van Zyl ·

Wet en orde is net vir ‘n sekere gedeelte / kleur van die bevolking van toepassing

Susan ·

Hierdie ongeluk was gladnie naby ‘n robot nie. Dit was ongeveer 4 km uit die dorp op die reguit Barage pad. Sterkte aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.