Twee dood, 7 beseer in ongeluk in Wes-Kaap

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf.

Twee mense is dood en sewe ander beseer in ’n botsing op die N1 naby Durbanweg in Bellville.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in die vroeë oggendure van Sondag plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle een motor op sy dak aangetref en verskeie ander met ernstige skade. Ongelukkig is daar twee mense met noodlottige beserings aangetref,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het sewe ander verskeie beserings opgedoen en is hulle na verskillende hospitale gehaas vir behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is in die stadium nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Morne ·

Ons het vandag verskeie mense in Wellington en in Stellenboch gesien wat oor rooi verkeersligte ry asof dit die norm is.Ook by n vulstasie opgemerk hoedat n bestuurder drank gebruik terwyl sy passasiers in die winkeltjie ingaan.Nog ander wat op n blinde hoogte verbysteek asof dit ook algemeen aanvaarbaar is.Nerens was enige verkeerspolisie sigbaar in enige van hierdie twee dorpe nie.Die ongelukke in die Weskaap is dus nie vir my n verrassing nie.Dit gaan elke dag so.

Liezl ·

Om nie te praat van mense wat in Malmesbury glad nie by stopstrate stilhou nie, hulle verloor net spoed en jaag oor. Veral die mammas wat van die laerskool afry in die middag. En laat jy nou net stop en die ou agter jou is die een wat nie stop nie. Die hande word sommer in die lug gegooi. Die ander ding is dat mense van jou verwag om op die geelstreep te spring, sodra hy 140km/h verby jou wil kom. Jy ry jou wettige 120km/h op die N7, ek hoef vir niemand op die geelstreep te ry nie.

KarenG ·

Ek stem volkome saam Morne en die ergste van alles is as jy die persoon wys op hul fout word jy soms ‘n paar interessante tekens toegesnou. Daar is nie ‘n dag wat verbygaan wat ek nie sien hoe mense verby jou jaag en amper jpu kar sr neus afry of eenvoudig ‘n stop teken ignoreer nie. Daar is bv ‘n 4 rigting stop by Sable Square waar heelwat mense eenvoudig die reels net ignoreer. As almal net by die padreels hou en mekaar respekteer, glo ek ons sal baie minder ongelukke op die pad he.

Chrisjan ·

Ons is in Noordwes en hier gaan dit netso.Wetteloosheid en algehele verontagsaming van padreels en pad tekens is die norm elke dag.En dit sluit ALLE rasse in.Maar wetstoepassers is nerens te sien nie.Nou en dan kry mens hulle waar hulle in die dorp voertuie stop om lisensies te kyk.Maar op die oop pad sien jy hulle gladnie.Ongelukke gaan toeneem agv hiervan .Die minister van vervoer bestaan ook nie meer nie,behalwe in naam dalk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.