Twee dood, 7 beseer toe trok brand

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en sewe beseer toe ʼn vragmotor Maandagmiddag op die N3, naby Pietermaritzburg, teen drie konstruksievoertuie gebots en aan die brand geslaan het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die vragmotorbestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en teen drie voertuie gebots wat op ‘n gedeelte van die pad, wat onder konstruksie is, gestaan het. Die vragmotor het aan die brand geslaan en een mens het doodgebrand.

“Twee ander mense het kritieke beserings opgedoen en hul liggame was heeltemal bedek met tweedegraadse brandwonde. Hulle is op ventilators geplaas en na die Life Hilton-hospitaal gehaas,” het Rossouw gesê. ʼn Tweede oorledene is in een van die konstruksievoertuie gevind.

Nog vyf mense, wat ernstige beserings en brandwonde opgedoen het, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle ook na nabygeleë hospitale geneem is.

Die polisie en plaaslike brandweer was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.