Twee dood, 9 beseer in N12-botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en nege ander beseer toe vier voertuie Vrydagmiddag op die N12 buite Fochville in Gauteng gebots het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici is net voor 14:00 na die toneel ontbied. “Vier voertuie wat in die botsing betrokke was, was oor die toneel versprei. ʼn Man is naby een van die voertuie gevind. Hy het reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk,” het Vermaak gesê.

Nog ʼn man was in ʼn kritieke toestand in een van die voertuigwrakke vasgekeer. Paramedici het hom uit die wrak bevry en dadelik noodbehandeling toegepas. Hy is egter kort daarna op die toneel oorlede.

“Vyf mense het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en later na nabygeleë hospitale geneem,” het Vermaak gesê. Hy het gesê nog vier mense het ligte beserings opgedoen, maar wou nie na ʼn hospitaal geneem word nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Sjoe!!!!dis baie sleg doen n betig op al die bestuurder ry versigtig en wees geduldig !!

Lyn ·

Dis nou vakansie. Kom ons kom die pad reëls na en ook, ry net bietjie stadiger. Ek is seker dit sal al help dat ons veiliger op die paaie kan wees .

??? ·

Spoed??? Geduld??? Volgafstand??? Bestuursopleiding???Haastig??? Pad-/verkeerstoestand??? Verdraagsaamheid???

Ange ·

Wens mense wil meer geduldig wees en minder kanse waag. Meeste ongelukkige kan voorkom word, maar mens weet nou nie in die geval nie.

Mag die oorledenes in vrede rus ?

Frik ·

Tom stem saam, nie nodig om te wonder wat het ongeluk veroorsaak nie. Een voertuig het sperstreep verontagsaam, so die betrokke bestuurder is die skuldige. Duidelike dubbel sperstreep . En so moet onskuldige mense daaronder lei.

Christa ·

Ja Frik, ek dink die een motor wat langs die pad geland het, het die dubbelstreep verontagsaam en by die vragmotor wat OOK dubbel waens het probeer verby steek. Hy het toe kop aan kop met een motor gebots en die ander het in hulle vasgery!!!

Christo Louw ·

Sien trok. Sien ongedult. Sien dubbele sperstreep. Wat verwag jy?
Drank ook groot probleem. Stop maar enige plek langs enige pad en kyk hoeveel drankbottels daar rondlê.

dries ·

Niks sal help vir hierdie jaag duiwels, dis in hulle gene. Laat hulle kop toetse doen voordat hulle n lisensie kry.

JB. Firolaz ·

Sjoe. Ek ry daagliks motorfiets tussen Sandton en Cullinan. As karre so lyk, sal ek vlieg moet oorweeg.

"Eksê" ·

Nee wat julle gaan niks uit hulle kry nie, as ek na die voertuie kyk is dit duidelik jeugdige kalante se wiele. Hulle maak besonder staat op hulle GTI’s STI’s & XBMW’s. Aan die skuldiges; thanks for going ekt genoeg gehad van julle! !!!!!

Christo ·

Kom ek se julle wat. N mens kan hoeveel keure se om nie te jaag nie en om die pad reels na te kom. Maar mense vee net hulle agter ente daaraan af. Dis hoekom daar elke dag so baie ongeluke op ons paaie is en dat daar so baie sterftes is.

Chris Ws ·

Jys reg hieroor!Maar hoekom vee mense hulle af aan die padreels?Want no1 dis elkeen net vir homself en no 2 daar is weinig wets toepassing op ons paaie.Daar kan baie werk geskep word deur 100 maal meer verkeers konstabels op die paaie te sit en dit SAL ‘n uitwerking he op die ongeluk syfer.Te veel mense dink ook as die spoedperk 120km/h is almal MOET di ry of vinner maar in werklikheid mag jy nie vinniger ry as dit nie.Dit staan jou vry om stadiger te ry as jy wil.Niemand verplig jou om teen die spoedperk te ry nie.Dan is dar die volgafstande.Hemel dis skrikwekkend om te sien hoe naby ander motoriste aan jou ry teen ‘n hoe spoed!Te veel motoriste is breindood as dit kom by volgafstande!

elsabe butler ·

Ek ry daai pad gereeld en mense het geen probleem om jou oor testeek enige plek enige tyd double wit lyn of nie, Gebeur gereeld.

Ljl ·

Eksê as ek so na die voertuie kyk lyk nie een van hulle na ń gti,bmw m3 of ń sti nie lyk almal maar na die intree vlak karre,Een van my voertuie is ń m3 ,die probleem wat ek het met van die karre op die pad sukkel om verby te gaan,stop nie by robotte of stopstrate nie en ry 40 plus op snelwee.My stop afstand is 2sek.met ń snelheid van 100km/u met ń klein kar sal dit 2min. vat.Dit is nie net die gti’s bmw’s of ongelukke veroorsaak nie. Meeste van die gevalle word hierdie karre vir hulle krag gebruik en nie vir spoed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.