Twee dood, drie beseer in Jhb-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Twee persone is Vrydag dood en drie beseer tydens ʼn skietery in Jeppestown, Johannesburg.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê vyf persone, twee vroue en drie mans, het omstreeks 18:00 op ʼn straathoek in Jeppestown gestaan toe ʼn motor vinnig verbygejaag en op hulle geskiet het.

“Een man en een vrou is op die toneel dood. Die ander vrou en twee mans is beseer en na ʼn hospitaal geneem,” het Makhubela gesê. “Die motief vir die aanval is nie bekend nie.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. “Geen ander persoon is beseer nie. Ongeveer 18 koeëldoppies is op die toneel gevind,” het Makhubela bygevoeg.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die hoek van Auret- en Mainstraat plaasgevind. “Die pasiënte is buite ʼn winkel aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het sy gesê. “Daar was ongelukkig niks wat vir twee van die pasiënte gedoen kon word nie.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.