Twee dood, drie beseer na motor boom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en drie beseer nadat ‘n Opel Corsa teen ‘n boom gebots het in Ruimsig, wes van Johannesburg.

Volgens ER24 is die bestuurder van die motor, glo in sy 20’s, dood aangetref agter die motor se stuurwiel. ‘n Vroulike passasier, in haar 20’s, is ook dood aangetref in die motor. Hulle is op slag dood. Die slagoffers se liggame was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word.

Paramedici het drie passasiers buite die motor gevind. Hulle het slegs matige beserings opgedoen. Een van die mans het ‘n moontlike skouerfraktuur opgedoen terwyl ‘n ander man kneus- en snywonde opgedoen het. Die twee mans is na ‘n hospitaal vervoer vir behandeling. Die derde passasier het mediese bystand van die hand gewys.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.