Twee dood, drie kritiek ná skietery

Argieffoto

Twee mans is dood en drie ander in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat ʼn skietery Donderdagaand in Athlone, oos van Kaapstad in die Wes-Kaap, ontstaan het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê nooddiensspanne het Donderdag net ná 20:00 die vyf mans in ʼn woonstelgebou aangetref.

Volgens Siddall was daar niks wat paramedici vir twee van die mans kon doen nie weens die omvang van hul beserings. Albei mans is op die toneel dood verklaar.

“Nog drie mans was in ʼn kritieke toestand. Hulle is na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir verdere mediese sorg,” sê sy.

Sy sê die presiese omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie. Die polisie het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Enigeen met meer inligting word versoek om die polisie se misdaadnoodlyn te bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pieter ·

my komentaar oor die timol storie is nie geplaas nie dalk plaas julle die een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.