Twee dood, een beseer in tref-en-trap in Pta

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Twee mans is Saterdagaand dood en nog een beseer in ʼn tref-en-trap-voorval in Garsfonteinweg in Pretoria.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê die voorval het kort voor 23:00 plaasgevind. “Twee mans was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel, terwyl ʼn derde man ernstig beseer is nadat hulle deur ʼn motor omgery is.”

Die beseerde man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die bestuurder van die motor het glo ná die voorval van die toneel gevlug. Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pops ·

Dis mos omdat almal soos skape oor die pad hardloop!!! Jammer die motoris het weggehardloop maar dalk sou ek ook, mens weet nooit wie spring agter die bosse uit nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.