Twee dood, een kritiek ná skietery by drankwinkel

Twee mans is dood en een kritiek gewond ná ʼn skietery by ʼn drankwinkel in CR Swartweg in Roodepoort.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Saterdagaand omstreeks 18:10 plaasgevind.

“Dit blyk dat rowers verskeie skote op ʼn man in die winkel afgevuur het asook op die sekuriteitsbeamptes wat op die voorval gereageer het,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman het paramedici drie mans behandel. “Die eerste een het ongelukkig reeds aan sy beserings beswyk, die tweede man is op die toneel behandel en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, maar is toe ook dood verklaar nadat hy aan baie ernstige beserings beswyk het,” het Dollman gesê.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die derde man was ook in ʼn kritieke toestand en is toe per mediese helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Volgens Vermaak is ʼn derde sekuriteitswag nie beseer tydens die voorval nie en was ʼn berader op die toneel om die mense wat betrokke was in die voorval by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Robert Naude ·

Sê maar @ 50 moorde per dag en waarvan 20 % suksesvol vervolg word, is daar 14560 moordenaars per jaar tussen ons. Sedert 1994 los dit ons met 320320 moordenaars tot nou toe. Skrikwekkend as jy dink jy moet elke dag in die openbaar wees. SA ń plek van kriminele en moordenaars. Wie sal weet waar gaan dit stop.

Leahim ·

Dankie Robert vir die senario die wette in Suid Afrika is 100% die strawwe moet hersien word en as die regering nie die doodstraf wil terugbring nie moet hulle meer tronke bou sodat die moordenaars permanent uit die samelewing verwyder kan word.

Liesl ·

Dit het by n drankwinkel gebeur en het absoluut niks met alkohol misbruik te doen nie. Die eienaar van die drankwinkel was eerste dood geskiet. Die mense het gewerk, nie gekuier nie!!!!

Jen ·

Ria,ek dink nie dis drank misbruik nie. As jy gesien het hoe baie verkeer hier in Roodepoort Saterdag was en hope mense by winkel sentrums,dink ek hierdie rowers moes of baie guts gehad het of n helse klomp dwelms gebruik het, om seker te maak dat hulle deur daardie verkeer kon vlug met die blou BMW sonder om in n ongeluk betrokke te wees ! Die Vrydag net voor die naweek is 4 leerlinge, n tweeling, plus nog een gr 10 en n graad 9 leerder dood in n ongeluk op. Die hoek van Golf Club Terrace en. Ontdekkersweg in Roodepoort. Roodepoort het n teiken van rowe, sake en huis rowe, plus ernstige ongelukke geword !!!!!! Ek voel dat meer polisie hier aangestel moet word en ‘visible’ in ons strate moet wees !!! So ook JMPD wat heeldag net rondle by die lisensie kantore, stadsaal, ens en nie die werk doen waarvoor hul indiens geneem word !!! Tyd vir DA om nou in te gryp asb !!!

Deon ·

Ria jou stelling is swak smaak, Ek die eienaar self geken en hy het glad nie gedrink of gerook nie,

Cherokee ·

Die ’50 moorde per dag’ word gereeld aangehaal terwyl dit jare gelede se statistiek is. As dit steeds 50 moorde per dag is word dit darem nie erger nie terwyl dit dalk selfs erger mag wees.

jen ·

Hierdie roodtoghet by ons huise gebeur, in CR Swartlaan. Wat ek nie kan verstaan is hoe gou die rowers met daardie blou BMW motorkon wegkom deur die vreeslike verkeer nie. Ek was 3 uur die middag by die Pick n Pay langs die drankwinkel, daar was nieeens parkering nie, net n miernes vanmense !

Bure ·

Die moord en doodslag gaan net aan. Dis onophoudelik en waaroor kerm ons “leiers”? Oor wie slaap by wie en wie steek vir wie in die rug! Hierdie land is een groot vet poel van wetloosheid. Ons is uitgelewer aan die gemors wat net wil moor roof en steel. En moet tog asseblief nou nie weer met daai ons wit Afrikaners storie kom nie. Hierdie ia van toepassing op alle Suid Afrikaners. Ons is almal uitgelewer aan die misdadigers terwyl ons “leiers” partytjie

w ·

Wat van moordenaars voor vuurpeleton teregstel. Da is ni alternatief nie

Jen ·

DA is te veel betrokke met Zuma en mosies van wantroue en Helen Zille, in plaas daarvan om ons Polisie in Roodepoort te vergroot en te versterk !!!! DA maar nog net weer n baba boetie van die ANC. Ons kort n behoorlike en n sterk nuwe politieke party wat hul aandag kan vestig op die ‘voters’ se behoeftes. DA heeltemal te swak !!!

Tannie B ·

Ons innige simpatie aan die eienaar wat gedood is en ook die twee heldhaftige Apcan wagte wat prober help het. Ons bid vir die drie gesinne wat hierdeur geraak word. Ons harte is stukkend oor wat met julle gebeur het. Ons kan nie troos nie.

Jan ·

Ja dit is rerig ‘n hartseer dag. Die eienaar van die winkel was ‘n vriend in die gemeenskap, en die Sekuritetsouens is/was die manne wat ons rugkant veilig hou. My innige meegevoel met die families.

William ·

Baie hartseer. Ons bly nou al vier jaar in Roodepoort, doen ons inkopies by die winkel sentrum, en spesefiek by die oorlede eienaar se plekkie, maak ons altyd n draai. Ons het al die eienaar op sy naam geken, en hy vir ons….
Ons harte gaan uit aan sy gesin, families en vriende…. Ons innige meegevoel, mag God julle styf vashou. Dis bitter sleg…. SA, dinge kan nie so aangaan nie, dit kan nie……..

DIS NIE MY LAND NIE ·

ja nee in ons land waar die saps niks sal doen nie ….wag tot een van die groot koppe van saps betrokke was dan gebuer goed weer ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.