Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn Golf en ʼn Audi het in Rietfonteinweg gebots. Twee mans was in die Golf vasgekeer. Volgens Bodasing het die twee mans reeds aan hulle beserings beswyk.
Bodasing het gesê die drie insittendes van die Audi is nie beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Dis tragies! Ons het op 19 Nov 3 moorde in BBG gehad waarvan ek bewus is. Dis gladnie ‘n goeie aanloop tot die feesseisoen nie… Ek is werklik bang vir wàt nog als kàn gebeur. Ongelukkig kry mense bonusse diè tyd vd jaar & dit word niè àltyd wyslik gebruik nie… Die 2 persone wat die lewe gelaat het, se naasbestaandes is vandag in hartseer & rou gedompel… Dis helaas ook gèèn feestyd meer vir hulle nie!!! My innige meegevoel aan hulle…