Twee dood in gru-botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en twee beseer in ʼn botsing Sondagoggend op die N11 tussen Ladysmith en Newcastle in KwaZulu-Natal.

Twee motors het reg van voor gebots waarna albei motors aan die brand geslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het kort na 07:00 op die toneel aangekom. “Daar is twee uitgebrande voertuie aangetref. Twee insittendes is met noodlottige beserings in een van die motors aangetref.”

Nog twee mense het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Spyker ·

Dit lyk os die een van agter met die ander gebots het. Ek kan maar raai dat die voorste motor slil gestaan of stadig gery het. Ek merk daardie optrede deesdae meer dikwels op. Sal net wil weet wat die doel daarvan is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.