Twee dood in gru-botsing in Krugersdorp

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee vroue is dood en nog twee mense beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Donderdagoggend in Krugersdorp gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was kort ná 09:00 op die toneel by die R24-Ventersdorppad-oorgang. Die bakkie het langs die pad gestaan, terwyl die motor in ʼn wal langs die pad gelê het.

“ʼn Man en vrou, albei in hul 30’s, was steeds in die bakkie en het matige beserings opgedoen. Twee vroue, vermoedelik in hul 50’s, was in die motor vasgekeer. Hulle het egter reeds albei aan hul veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is na die Yusuf Dadoo-hospitaal geneem. Die polisie sal die botsing ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Theresa B ·

Genade, maar die padongelukke is iets vreesliks deesdae. Dit raak nou te erg.
Elke liewe dag is daar die vreeslikste noodlottige ongelukke. Wat maak die mense op die paaie?

Tiger ·

Theresa B jy kan weer vra wat maak die mense op ons paaie!Ek weet – 9 uit 10 ry ver bokant die wetlike spoedgrens sonder om aan hul en ander se veiligheid te dink.Ons sien dit ELKE keer as ons die grootpad moet aandurf om my medikasie vir die maand te gaan haal.My man is al moedeloos met mense wat so na aan ons ry dat mens nie eers sy kopligte kan sien nie net omdat hy by die spoedgrens hou.En die wets toepassers doen boggerall daromtrent.

Tiger ·

Ek is nie ‘n ongeluk spesialis of iets nie maar te oordeel aan die fotos lyk dit of een van die twee voertuie ‘n stop verontagsaam het.Watter een dit was gaan ek nie oor wil spekuleer nie.Die fotos gee nie genoeg inligting weg nie!Wat wel duidelik is is dat die bakkie die Mercedes met ‘n 90 grade hoek van links af getref het.Tragies en onnodig.

WL ·

Jy is reg Tiger, lyk soos ‘n “T-bone” geval. Baie tragies. Ek is ook nie ‘n ongeluk spesialis nie, maar my logika sê vir my dit was die bakkie wat die motor teen ‘n hoë spoed getref het.

Hartseer Familie ·

Julle kommentaar oor wie die ongeluk kon veroorsaak het, ons ongevra! Dis ons familie in daai Mercedes wat oorlede is en ons familie wat oorbly, is in skok. My tannie was nie iemand om te jaag of onverantwoordelik te wees nie. Kry jul feite voor julle so bespiegel en oordeel.

BP ·

Hierdie kruising is ontsettend gevaarlik omrede die stoptekens nie sigbaar is nie, en hier is weekliks ‘n paar ongelukke. In vorige ongelukke is daar ook al mense oorlede. Ons bly naby hierdie kruising en hoor daagliks skreeuende remmende motorbande van voertuie wat mekaar rakelings mis, of soos in vandag se geval weer waar dit in ‘n ongeluk ontaard. Ons het dit al telkemale aangemeld, gepleit en gesoebat, maar absoluut niks word hieraan gedoen nie.

Hendrik ·

Bp hoekom maak julle nie ‘n plan nie. Kry vir Afriforum en dit ‘n bord op.

Karma ·

BP, is hierdie ‘n kruising of ‘n T-aansluiting? BIG DIFFERENCE! Jy stop ALTYD by ‘n T-aansluiting om vir aankomende verkeer op die “straight” T kans te gee, tensy daar ‘n toegee- of ry-voorreg bordjie is. En as dit ‘n 4-punt kruising met ‘n stopteken (hoe onderuidelik ookal), dan stop jy OOK. Dit is duidelik dat die bakkie/4×4 SUV die Mercedes van die sykant af getref het. Ek sê dit sommer nou hier hard en duidelik (met ondervinding) – diegene wat hierdie groot, luukse padmonsters besit en bestuur het geen agting of respek vir mede-padgebruikers nie en dít is die groot probleem en rede vir baie ongelukke.

Alien ·

Stem saam met Karma, kruising is altyd 4 rigting stop tensy anders aangedui. As jy twyfel omdat tekens onduidelik is, verminder spoed sodat jy betyds kan stop indien nodig. Spoed en die feit dat mense ry asof ander net eenvoudig moet padgee is die oorsaak. Ongelukkig gewoonlik mense met hierdie tipe voertuig.

François ·

As daar ‘n ongeluk op ‘n kruising was, kan jy maar weet die een voertuig het voor die ander een ingery. Die Mercedes is op die kant gestamp & op die oog af is die bakkie aan die voorkant beskadig. Dit blyk dat die Mercedes die ‘skuldige party’ was deur óf ‘n stopteken óf ‘n verkeerslig te verontagsaam & voor die bakkie beland het, vandaar die stamp op die kant. Die bakkie sal nie veel verniel wees nie want die enjin bied beskerming.

A ·

Ek wil sommer ophou om mense se kommentaar te lees. Liewe aarde mense. Simpatiseer met die families of sê iets soos BP of Hendrik wat die probleem aanspreek maar om nou sowaar agter n selfoon te sit en n ongeluk te ontleed…… Francois dink jy nie die bakkie kon ooook skuldig wees deur dalk die stopteken of verkeerslig te verontagsaam en in n onskuldige Merc vas te ry nie??? Hoe kan jy aanneem wie is skuldig….

Juanita ·

Mense dis my tannie en haar vriendin wat oorlede is in die Mercedes. Hulle was wetsgehoorsaam en het gestop. Die bakkie het nie gestop nie, hulle het stadig weggetrek en die bakkie het in hulle vasgejaag sonder dat hy gestop het! En die twee mense in die bakkie leef, waar ons familie ‘n groot verlies ly!

Adri ·

Ons het ook al die probleem van die swak sigbare stop tekens en byna onsigbare stopstrepe by hierdie einste kruising aangemeld. Volgens Mnr Dikkie Beukes, verantwoordelik vir die onderhoud van die pad, het hy die stand van sake by Krdrp paaie dep aangegee, maar die “mvr” wat die toestemming vir die werk wat gedoen moet word moet afteken is op kraamverlof. Dus vra ek myself af hoeveel mense nog onskuldig moet doodgaan omdat niemand anders in haar plek aangestel kan word nie?!?! Toe ons dryg om self iets te doen, is ons gewaarsku met boetes of ” aanspreeklikheid” as daar weer n ongeluk gebeur! Maroela media kan dit miskien n bietjie ondersoek!

tamboti ·

Ja dit is jammer dat daar soveel botsings en ongelukke plaasvind, (ook misdade) dat daar nie volledig oor die oorsake of motiewe verslag gedoen kan word nie. Ook is dit jammer dat ‘n feit eers deur ‘n hof bekragtig moet word voor dit as die waarheid beskou kan word.
Ek meen, hoeveel meer sou dit beteken as ‘n ooggetuie/slagoffer/ondersoekende beampte sommer dieselfde dag aan die media kon verklaar (al is dit dalk nie heeltemal korrek) wat presies het gebeur. Dan sou daar dalk beter en gouer voorsorgmaatreels in plek gestel word, soos by hierdie geval.

PIETER ·

Met of sonder stop tekens padgebruikers het nie meer respek vir padreels nie ,stop en robotte word nie meer in ag geneem nie ,sperstrepe het nie meer n doel nie , selfone ek praat nie eens nie en so kan ek aangaan dit begin by munisipale verkeersbeamptes ,hul sit net agter kamaras pleks van vat die oortreders vas ,ek ry eerder oorspoed op hoofroetes dan verontagsaam bogenoemde reels wa jy mense se lewens meer in gevaarstel

Paula ·

Ek wonder of dit die kruising is naby griffeths estate gastehuis. Ek ry elke sondag daardie pad om Hekpoort toe en daar is elke sondag nuwe parte van motors wat daar rondlê wat n bewys is dat daar elke week lelike ongelukke daar is. Dit gaan my verstand te bowe dat daar ook nog nie n 4 rigting stop aangebring is nie.

gertruida ·

Ek bly op tarlton en ry elke dag daai pad. En ja dit is daai pad ek was verlede jaar junie ook in ongeluk daar betrokke ek het aan gery gekom iemand stop geskiep in aankomende kar vasgery daai kar getol en in my vas gery ons al drie se voertuie is af geskryf. Da sal moet plan gemaak word. Hoeveel lewens nog? Sterke aan die familie van oorledenes. Xxxx

Josua Keys ·

Dit is jammer dat daar mense daar buite is wat hul eie aflydings maak en vinger na mense wys as hulle nie eens ‘n idee het wat werklik in n situasie gebeur het nie. In die geval is dit ‘n dame wat saam my werk wie se dogter en haar man in die ongeluk vanoggend betrokke was, dit was heeltemal en totaal ‘n vrats ongeluk, dit is regtig ‘n slegte kruising tussen die Krugersdorp-Rustenburg en Ventersdorp pad net na Krugersdorp Wildtuin as jy sou links uitdraai oor die Trein Brug na die graan Silos. Die Mercedes het perongeluk voor hul bakkie ingery vermoedelik het die dame nie die bakkie gesien nie a.g.v die slegte ligging van die kruising, niemand in die geval was onverskullig soos mense beweer nie dit was ‘n ongeluk in die ingewing van die oomblik op ‘n slegte kruising. Sterkte aan die oorledendes se familie ons dra ons gebede aan jul almal op.

Simpatiek ·

Baie sterkte aan die familie ons dink aan julle. As dit Tannie jean was wat gery het met die Mercedez kan julle spekuleer soos julle wil, sy sal nie n stop teken geskip het nie. So stop nou om te spekuleer want niemand weet wat gebeur het nie

Juanita ·

Jy is reg, tannie Stienie is my tannie. Sy sou nooit onverskillig gery het nie :-(

RHINO ·

Op n tyd was daar amper elke dag ongeluke op daai kruising dis of die mense by die stop kaanse vat om oor te ry dis n 80kmh pad en dan ry van die mense meer as dit en dan by die stop straat werk die kaans nie

DAS ·

daar is omtrent elke dag n ongeluk by dieselfde kruising en daar word net mooi niks daaraan gedoen. Die stop teken work verontagsaam en mense ry met spoed oor sonder om te stop.

padgebruiker ·

Baie baie jammer, en Sterkte aan familie. Vra dringend aan vir kameras voor en by kruising maw SPOED KAMERAS en boetes moet hemelhoog wees.

GvW ·

Jy is reg Paula. Die kruising is hier by ons, Griffins Estate. Die Krugersdorp/ Ventersdorp pad is die deurweg, terwyl Randfontein/Tarlton pad moet stop. Die verkeerstekens is al so weggerydeur ongelukke as gevolg van n’ baie swak aangeduide kruising dat ons hier weekliks ongelukke beleef. Gautrans vee egter net hulle af aan versoeke en klagtes. Ek kan self nie eers tel hoeveel sterftes hier was nie.!!!!!!!!!!!

Liezl ·

Dis my ouma en haar vriendin wat dood is in daai silver mercedes. Ons harte is stukkend. Daai kruising is verskriklik gevaarlik, ons het die toneel vandag besoek. Dis niemand se skuld nie. Sy’s by Jesus.

gertruida ·

So jammer vir julle verlies. Mag God jul dra in die moeilike tyd. Xxx

Tiger ·

Eerstens, aan Hartseer Familie,Liezl,Juanita ,Josua Keys en ander familie van beide voertuie se mense, wil ek groot spyt uitspreek en verskoning vra indien ek dalk as ongevoelig oorgekom het in my vroeere kommentaar.Ek verseker almal dit was hoegenaamd nie die bedoeling nie.My simpatie met die familie wat familielede aan die dood moes afstaan en alle sterkte vir die mense wat beseer is.
Ek self herstel nog van ‘n ongeluk waar iemand van agter in ons vasgejaag het toe ons wou regs draai .Dit was 3 jaar gelede.
Ek het lankal gese die sogenaamde “Arrive Alive” veldtog van die regering is ‘n foefie.As hulle regtig padveiligheid wou bevorder waarom slaan hulle nie ag op probleme wat aangemeld word t.o.v. kruisings wat nie behoorlike pad tekens het nie en dus lewens gevaarlik is vir almal wat daar ry?Dan het ons ook baie plekke op verskillend paaie gekry waar stippel strepe aandui dat jy kan verby gaan daar terwyl dit onmoontlik is op daai spesifike plek omdat daar of ‘n blinde hoogte voor is of ‘n draai na links in die pad waarom mens nie kan sien nie!Die padmerkers word duidelik nie deur geskoolde mense vergesel nie.Pad tekens op ons land se paaie en geverfde strepe wat aandui waar jy mag en nie mag verby gaan nie is pateties.

Doreen ·

Rus in vrede Tannie Jean. Dis n Groot skok. Sterkte aan die families, stywe drukkie aan Oom Hennie!

Sare Strydom ·

Wat my grief is mense wat kommentaar lewer sonder om in ag te neem dat slagoffers se naasbestaandes die kommentaar mag lees. Dit is beter vir sommige om stil te bly!

Lola ·

Innige simpatie aan die familie. Nota aan myself wat baie keer skuldig is hieraan. As jy stop, moet nie net stop en wegtrek nie. Kyk links, kyk regs. Kyk links. Dis baie hartseer wat hier gebeur het.

Vra-maar-net ·

By die artikel wat handel oor die moord op die Pastoor in die Moot is nie spasie vir lesers om kommentaar te kan lewer nie. Is daar ‘n spesifieke rede daarvoor?

Sune van Heerden ·

Dagsê Vra-maar-net

Volgens ons bepalings en voorwaardes hou Maroela Media die reg voor om die kommentaarfunksie op enige artikel op die webwerf af te skakel, sonder voorafkennisgewing aan lesers.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Bernie ·

Tiger: ek sien nie fout met jou vorige kommentaar nie, jy het nie van die oorledenes gepraat of na hulle verwys nie. Ek werk al byna 9jr in Sandton, en elke dag, oggend en middag, ry taxi’s deur rooi verkeers-ligte. Almal volg nou die voorbeeld! wat is aan die gang? wetteloosheid en onverskilligheid is aan die orde van die dag. Ons woon in dieselfde straat as ons laerskool en daagliks ignoreer van die ouers die stopstraat maar o wee! as jy een van hulle bloedjies raakry, kan jy jouself indink wat gaan gebeur?

GvW ·

Ek sien van middag die helfte van Krugersdorp se verkeersafdeling hier by die kruising saamgetrek het. To little to late . Ek hoop dat ergens ‘n klokkie sal lui en iemand wakker sal word en die errens van die saak sal besef!!!!

Mitch ·

Wat maak dit saak wie die ongeluk veroorsaak het? Al waarop dit dui is dat daardie spesifieke stukkie pad gevaarlik is vir ALLE motorryers. Fokus liewer op die oplossing vir die probleem want alle bespiegelinge gaan niks aan die gebeure verander nie

Dikkie ·

Dit is nie so maklik om n stop taken of speed vermin er of pad mere te veranda nie dit moet deur traffic ingeneering goed gekeur word en in hof bekragtige word dit is n Hele proses dit moetvoor kom dat eenige iemand dit Kan verander soos hulle wil nie en as daar na n on geluk kom dat geen een n e is teen staat in stel vir onwetige tekens ek weet met vorige bossing he’d die ou van paaie sy beste gedoen hy het briewe ge skryf met polisie verklaering en sy aan bevelling vir n vier rigging stop deur ge gee vir spoedige goed keuring mense moet Seker maak voor hulle sleg te goed oor ander mense se en weet nie hoe werk die proses nie

Liezl ·

Ek’t voorheen kommentaar gelewer. My ouma May was een van die twee dames wat gesterf het in die ongeluk. Ek het Sondag op Moedersdag weer die toneel besoek en kan laat weet dat die verkeersdepartement het uiteindelik iets gedoen omtrent daardie gevaarlike kruising na die ongeluk, en dit nou ‘n amptelike 4-rigting stop gemaak, waaroor ek bly is. ‘n Saak is egter geopen en daar word ‘n volledige ondersoek gedoen nou rakende die oorsaak van die ongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.