Twee dood in gru-botsing in Krugersdorp

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee vroue is dood en nog twee mense beseer toe ʼn bakkie en ʼn motor Donderdagoggend in Krugersdorp gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was kort ná 09:00 op die toneel by die R24-Ventersdorppad-oorgang. Die bakkie het langs die pad gestaan, terwyl die motor in ʼn wal langs die pad gelê het.

“ʼn Man en vrou, albei in hul 30’s, was steeds in die bakkie en het matige beserings opgedoen. Twee vroue, vermoedelik in hul 50’s, was in die motor vasgekeer. Hulle het egter reeds albei aan hul veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die beseerdes is na die Yusuf Dadoo-hospitaal geneem. Die polisie sal die botsing ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa B

Genade, maar die padongelukke is iets vreesliks deesdae. Dit raak nou te erg.
Elke liewe dag is daar die vreeslikste noodlottige ongelukke. Wat maak die mense op die paaie?

Tiger

Ek is nie ‘n ongeluk spesialis of iets nie maar te oordeel aan die fotos lyk dit of een van die twee voertuie ‘n stop verontagsaam het.Watter een dit was gaan ek nie oor wil spekuleer nie.Die fotos gee nie genoeg inligting weg nie!Wat wel duidelik is is dat die bakkie die Mercedes met ‘n 90 grade hoek van links af getref het.Tragies en onnodig.

BP

Hierdie kruising is ontsettend gevaarlik omrede die stoptekens nie sigbaar is nie, en hier is weekliks ‘n paar ongelukke. In vorige ongelukke is daar ook al mense oorlede. Ons bly naby hierdie kruising en hoor daagliks skreeuende remmende motorbande van voertuie wat mekaar rakelings mis, of soos in vandag se geval weer waar dit in ‘n ongeluk ontaard. Ons het dit al telkemale aangemeld, gepleit en gesoebat, maar absoluut niks word hieraan gedoen nie.

François

As daar ‘n ongeluk op ‘n kruising was, kan jy maar weet die een voertuig het voor die ander een ingery. Die Mercedes is op die kant gestamp & op die oog af is die bakkie aan die voorkant beskadig. Dit blyk dat die Mercedes die ‘skuldige party’ was deur óf ‘n stopteken óf ‘n verkeerslig te verontagsaam & voor die bakkie beland het, vandaar die stamp op die kant. Die bakkie sal nie veel verniel wees nie want die enjin bied beskerming.

Adri

Ons het ook al die probleem van die swak sigbare stop tekens en byna onsigbare stopstrepe by hierdie einste kruising aangemeld. Volgens Mnr Dikkie Beukes, verantwoordelik vir die onderhoud van die pad, het hy die stand van sake by Krdrp paaie dep aangegee, maar die “mvr” wat die toestemming vir die werk wat gedoen moet word moet afteken is op kraamverlof. Dus vra ek myself af hoeveel mense nog onskuldig moet doodgaan omdat niemand anders in haar plek aangestel kan word nie?!?! Toe ons dryg om self iets te doen, is ons gewaarsku met boetes of ” aanspreeklikheid” as daar… Lees meer »