Twee dood in gru-botsing

Foto: ER24

Twee mense is Saterdagoggend dood en tientalle beseer in ʼn botsing tussen ʼn bus en ʼn motor naby Witrivier in Mpumalanga.

Die botsing het op die R538 plaasgevind en paramedici was kort na 08:00 op die toneel, het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die motor het aan die brand geslaan na die botsing. Die twee insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Van Huyssteen het 69 mense ligte tot matige beserings opgedoen. Paramedici van ER24 en ander nooddienste het die beseerdes na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: ER24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit is die roete tussen Witrivier en Hazyview, goeie pad…. laat mens net wonder hoe so ‘n ongeluk kan gebeur!

Werner ·

Ek het Google maps beloer, daardie deel van die pad lyk maar sleg, soos op die foto gesien kan word, ek woon hier in die Laeveld maar kon daardie gedeelte nie eien nie.

Basjan ·

Daar is 2 teerpaaie tussen Witrivier en Hazyview. Die R538 en die R40. Laasgenoemde is die beter pad. Botsing was naby die Winkler hotel.

Mariette ·

Baie sad sedan glo beheer verloor op nat pad… Famielie lid en n skool kind oppad na atletiek toe.. RIP

jakes ·

N gevaarlike pad kan nie verantwoordelik gehou word vir ongelukke nie. Padgebruikers moet ten alle tye paraat wees en veilige bestuursgewoontes toepas volgens die vereistes wat die betrokke pad stel. 90 % van ongelukke gebeur agv nalatigheid deur bestuurders. Geen wonder dat daar meer as n 1000 mense per maand op paaie sterf nie. Medelye met die slagoffers se familie en vriende.

lolla ·

het die drywer van daai bus die regte lisensie en kan hulle dit beheer…. dubbelbus is anders as enkelbus .. en die lisensie verander ook met dit.. vra maar net…al het motor buite beheer geraak…kon daai drywer die verander omstandigheid hanteer vir noodsituasie?

Pieter ·

Ag nee lolla. Hoe weet jy waarheen ‘n voertuig wat buite beheer is oppad is ? Siek daarvoor dat bestuurders van swaar voertuie altyd die skuld kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.