Twee dood in heli-ongeluk by Midrand

(Foto: Twitter)

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die oorsaak van ʼn helikopterongeluk naby die Grand Central-lughawe in Midrand, Gauteng, wat twee lewens geëis het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was kort ná 17:00 Woensdag op die toneel. Die helikopter het op sy kant langs ʼn pad gelê nadat dit in vlamme opgegaan het.

Brandbestryders het in daardie stadium reeds die vlamme geblus, maar die twee insittendes het aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar, het sy gesê.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het gesê volgens voorlopige aanduidings het die Bell-helikopter met twee insittendes aan boord neergestort kort nadat dit opgestyg het.

“Ondersoekers is op die toneel ontplooi om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek,” het hy gesê.

“Meer inligting oor die ongeluk sal op ʼn gepaste tyd bekend gemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hekwag ·

Ek sou raai dat dit ‘n fout van die vlieënier moet wees. Bell helikopters is baie betroubaar.

Skyspy007 ·

Hekwag, ek neig om nie met jou saam te stem nie. Ek is self reeds 34 jaar ‘n loods. Om aangepas te word om ‘n Bell te vlieg verg lang ure se ondervinding. Enige iets is moontlik wat dit kon veroorsaak en bygesê, geen vliegtuig of helikopter is 100% betroubaar nie.
RIV mede loodse en sterkte aan die families.

Nicolette ·

Hekwag, dit was my broer, met JARE se ervaring gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.