Twee mense is Saterdagaand dood in ʼn botsing op die N14 tussen Kathu en Olifantshoek in die Noord-Kaap.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het ʼn bakkie op sy dak in die veld langs die pad gelê. “Die ander erg beskadigde voertuig is in die pad gevind.”
Twee mans, wat vermoedelik tydens die botsing uit die bakkie geslinger is, is met noodlottige beserings aangetref naby die voertuig. Hulle is op die toneel dood verklaar.
“’n Vrou in die motor het matige beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel voor sy na die Lenmed-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg,” het Vermaak gesê.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Veiligheidsgordels asseblief, dit keer jou uitslinger. As iemand langs my ooit nie weer n “ongemaklike” veiligheidsgordel vas maak nie dan moet hulle maar uber kontak maar ek ry nie meer met enigiemand sonder die gordel aan nie.
Ek is ook ‘n voorstaander vir die dra van veiligheids gordels.Sonder ons gordels wat ons vasgehou het toe ons van agter af in gejaag is sou ons ook dood gewees het.
Ons simpatier gaan uit na die naasbestaandes van die oorledenes in hierdie snaakse ongeluk.
Ek dra altyd my gordel maar ek is bevrees dit sal my nie in n ongeluk red nie. Ek is kort en geen gordel tot dusver vang my nie reg in die nek nie. Moet ek soos n kind op n spesiale stoeltjie sit?
Gister ook daardie pad gery. Die mense jaag soos besetendes op die N14. Veral tussen Kuruman en Vryburg.
Dit is die voorkant van die bakkie, nie agterkant nie