Twee dood in Kathu-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Saterdagaand dood in ʼn botsing op die N14 tussen Kathu en Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het ʼn bakkie op sy dak in die veld langs die pad gelê. “Die ander erg beskadigde voertuig is in die pad gevind.”

Twee mans, wat vermoedelik tydens die botsing uit die bakkie geslinger is, is met noodlottige beserings aangetref naby die voertuig. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Foto: ER24

Foto: ER24

“’n Vrou in die motor het matige beserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel voor sy na die Lenmed-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg,” het Vermaak gesê.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wern ·

Veiligheidsgordels asseblief, dit keer jou uitslinger. As iemand langs my ooit nie weer n “ongemaklike” veiligheidsgordel vas maak nie dan moet hulle maar uber kontak maar ek ry nie meer met enigiemand sonder die gordel aan nie.

Wat-ek-lees ·

Stem saam Wern. Liewers gekreukelde- as bloeddeurweekte klere.
Sien ek op die boonste foto die agterkant van die bakkie wat opgefrommel is?
Skynbaar het die motor van agter in die bakkie vasgery? Dis mos ‘n stil pad met min verkeer.
Dalk het die bakkie onklaar geraak en gaan staan wat dalk ook die versuim van die dra van veiligheidsgordels verklaar.

Tiger ·

Ek is ook ‘n voorstaander vir die dra van veiligheids gordels.Sonder ons gordels wat ons vasgehou het toe ons van agter af in gejaag is sou ons ook dood gewees het.
Ons simpatier gaan uit na die naasbestaandes van die oorledenes in hierdie snaakse ongeluk.

M A ·

Ek dra altyd my gordel maar ek is bevrees dit sal my nie in n ongeluk red nie. Ek is kort en geen gordel tot dusver vang my nie reg in die nek nie. Moet ek soos n kind op n spesiale stoeltjie sit?

Tiger ·

My ma het dieselfde probleem gehad en het maar op ‘n spesiale stywe spons kussing gesit en dit het gehelp.Meeste nuwer voertuie het darem hoogte verstelbare gordels maar self dit werk nie altyd nie.

Net ek ·

Gister ook daardie pad gery. Die mense jaag soos besetendes op die N14. Veral tussen Kuruman en Vryburg.

Chris Ws ·

“Net ek” die enigste oplossing is spoed lokvalle elke 10-20km.Dink net aan die geweldige inkomste wat dit sal genereer!Dit sal die verkeersmense daar se salarisse sommer betaal.Totdat die spoed maniake tot hul sinne kom of bankrot is!

Wern ·

Ja Chris ek stem saam. Die regering soek oral om ekstra geld te maak op die bizarste maniere maar verkeerskaartjies vir jaagduiwels is n baie effektiewe en regverdige manier vir hulle om geld te maak.

Wat-ek-lees ·

Nee Antie, kyk waar sit die deurhandvatsels, die truspieël, die oranjeliggie op die kant wat deel is van die rigtingwyserliggie (flikkerlig), die kromming van die enjinkap (bonnet) en duidelik is daar by die slag van botsing geen enjin en kan ook die agterkant van die kajuit gesien word.

Chris Wsc ·

Antie ,Die grootste deur aan ‘n dubbelkajuit bakkie is voor.Die klein deurtjie is agter.Daai bakkie is van agter gestamp.

Marco ·

Die mercedes het agter in die bakkie vasgejaag. Ongeluk het reg voor my gebeur. Spoed was die oorsaak. Die bakkie het 5 insittendes gehad wat oppad huis toe was van die werk af. Het nie onklaar geraak nie.

Chris Wsc ·

Marco dankie vir die bevestiging van wat gebeur het.Die bakkie wys duidelik hy is van AGTER af in gejaag.Te veel mense wil om te jaag verdedig en regverdig.Jy JAAG as jy die spoedperk op ‘n pad oorskry.Ek hoop hulle gooi die sel van daai vrou se sleutels weg.Maar soss dit in ons land gaan sal sy afkom met slegs ‘n boete!Ons regstelsel is pateties.Haar lisensie moet permanent verbeurt verklaar geword het eerstens en by dit 25 jaar tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete vir die moord op twee ONSKULDIGE mense!Mense soos sy hoort nie op ons paaie nie.

Boerin ·

Kan iemand ons dalk se wie dit is??? Sterkte aan die familie!

Janet ·

Dit is 2 mans wat op Khumani myn gewerk het. Soos Marco gese het hulle was oppad huistoe van die werk af en is van agter gestamp.

sniefie ·

veiligheidsgordel is verpligtend desert die vroee
1980’s nie waar nie. kort kort wil n minister van vervoer met groot fanfare aankondig hulle gaan differ plug tend maak. hulle kan n paar spoedkameras op sulke paaie opsit. die spiedkops is te lui of dalk te bang om na donker spoedlokvalle te beman.

Karma ·

Spoed …. groot oorsaak (buiten natuurlik nou dronkbestuur) van ongelukke op SA paaie. En by spoed, bedoel ek nie noodwendig ‘n ou wat teen 160 km/uur jaa nie; ek bedoel ook daardie eier-bakker wat hier op die nasionale pad voor jou sit inn voortploeter teen 70 km/uur in ‘n 100 km/uur sone. Dan raak mens ongeduldig, want jy moet sus of so laat by die werk wees of jy het ‘n afspraak om na te kom en jy gaan (dalk) op ‘n gevaarlike plek verby, of jy onderskat jou voertuig se vermoë en die afstand tussen jou en die aankomende verkeer en wham!!! Kop-aan-kop-botsing. In dié geval klink dit vir my asof die bestuurder se aandag net eenvoudig nie op die pad was nie en hy/sy het bloot in die ander voertuig vasgery. Almal moet by die maksimum spoed hou – as jy met vakansie is en rustig bestuur – hou in die linkerbaan of gee effentjies pad (MOENIE IN DIE NOODBAAN RY NIE) – wees dus toegewend teenoor ander mense wat ook die pad gebruik.

Layla ·

Punt nr 1. Die pad is altyd besig en die mense vat kanse veral met die klomp erts trokke op die pad.
Punt nr 2. Daar is ‘n groot aantal onwettige krokke wat ook op d pad is en ‘n magdom se ligte wat nie werk nie sowel as nuwer voertuie en dit is heel moontlik die geval gewees, die bakkie se agterligte het dalk nie gewerk nie en die vrou het die bakkie dalk te laat gesien.
Punt nr 3. Daar is een verkeersbeampte in die Olifantshoek omgewing wat van tyd tot tyd probeer karre aftrek, maar die sit ook net soms in sy kar langs die pad en “observeer” die verkeer.
So dit is nie net een persoon se skuld nie….baie faktore wat ‘n rol speel in die geval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.