Twee mense is Sondagmiddag dood en vyf beseer in ʼn botsing in Klipheuwel buite Kaapstad in die Wes-Kaap.
Paramedici van ER24 is kort voor 17:00 na die toneel ontbied, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. Twee motors het by die aansluiting van die R304 en die R312 gebots.
Volgens Vermaak het twee volwassenes noodlottige beserings opgedoen. “Daar was ongelukkig niks meer wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”
Vyf mense, onder wie drie kinders tussen 18 maande en agt jaar oud, is in die botsing beseer. “Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale gehaas is vir verdere mediese behandeling.”
Die presiese oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Dis so jammer, dis ‘n vier rigting stop. So, iemand het dit verontagsaam
Hierdie kruising eis hopeloos te veel lewens.. hoeveel mense moet hul lewens verloor voordat hier ‘n ander oplossing soos bv grid op pad of selfs ‘n brug gebou mag word…?
Daardie kruising kort net n ROBOT dit is al.