Twee dood in koeëlreën in Alberton

Die twee mans is in hul voertuig in Alberton doodgeskiet. (Foto: ER24)

Twee mans is doodgeskiet terwyl hulle in ʼn motor in Alberton aan Gauteng se Oos-Rand gesit het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die mans, een in sy 30’s en die ander een in sy 40’s, is elk verskeie kere getref.

Paramedici het hulle op die toneel dood verklaar.

Die motief vir die aanval is in dié stadium nog onduidelik.

Campbell het gesê die polisie en die Ekurhuleni-metropolisie was op die toneel vir nadere ondersoek.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie oor die voorval gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.