Twee dood in Krugersdorp-skietery

Foto: Twitter via @help24JHB.

ʼn Man en ʼn vrou is Dinsdagoggend dood in ʼn skietery in Cliffordweg in Chancliff in Krugersdorp.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 07:50 saam met ander nooddienste op die toneel aangekom.

“Ons het die vrou op die sypaadjie aangetref en die man waar hy in ʼn bakkie gelê het,” het Meiring gesê.

Die vrou het ʼn skietwond aan haar maag gehad en die man in sy kop. “Daar was niks wat ons vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die presiese omstandighede rakende die voorval sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kathy ·

Die man het eers die dame geskiet en daarna homself nadat hulle ‘n argument gehad het

EvW ·

Mense raak erg met skiettery…..dit raak nou elke dag se nuus!!!

Jacoba ·

Sterkte aan die wat deur gebeure geraak word…Here asb bewaar elkeen van U kinders se harte teen die bose maw die duiwel wat oral is asb DANKIE?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.