Twee dood in KZN-botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en twee beseer in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het op die R612 in die Braemer-gebied plaasgevind. Mathe het gesê twee insittendes van die motor was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Hul liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Volgens Mathe het nog twee mense matige tot ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.