Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het op die R612 in die Braemer-gebied plaasgevind. Mathe het gesê twee insittendes van die motor was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Hul liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.
Volgens Mathe het nog twee mense matige tot ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Kan iemand dalk eien wat se soort kar dit is ?
Lyk vir my of dit dalk ‘n Opel Astra kan wees.
Lyk vir my of dit dalk ‘n Opel Astra kan wees.