Twee dood in trompop botsing

Twee mense is in die ongeluk dood. (Foto: Ekurhuleni-metroraad)

ʼn Vrou en ʼn tienerseun is dood nadat hulle reg van voor teen ʼn vragmotor vasgery het.

Die ongeluk het Vrydagmiddag op Ou Pretoriaweg in die nywerheidsgebied in Olifantsfontein gebeur, het die Ekurhuleni-metroraad gesê.

Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen.

Die Toyota Yaris was met nooddienswerkers se aankoms omstreeks 17:00 onder die vragmotor. Albei insittendes was in die wrak vasgekeer en het geen tekens van lewe getoon nie.

(Foto: Ekurhuleni-metroraad)

Nooddienswerkers moes hidrouliese toerusting inspan om hulle te bevry.

“Paramedici het albei ongelukkig op die toneel dood verklaar,” het die metroraad gesê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.