Twee dood in trompop botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is Saterdag dood in ʼn botsing reg van voor op die R82 buite Vereeniging.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 14:50 na die toneel ontbied. “Met hul aankoms is die wrakstukke in die pad aangetref. Een van die voertuie het omgeslaan en op sy dak te lande gekom.”

Volgens Botha is die bestuurders van albei voertuie op die toneel dood verklaar weens die erge beserings wat hulle opgedoen het in die botsing.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Estelle ·

Alweer n kop aan kop botsing. Ek het self nou onlangs n amper kop aan kop botsing gesien deur n ongeduldige motoris wat verby n voertuig agter my en ook verby my gejaag het toe n motor van vooraf kom. Ek hou altyd n volg afstand tussen die motor voor my en die jaagduiwel kon toe net betyds voor my inkom. Sal die mense dan nooit leer nie.

Adri ·

Dankie Estelle, dat jy die korrekte uitdrukking gebruik: kop-aan-kop botsing (met of sonder die koppeltekens). Tromp-op beteken iets heeltemal anders. Volgens HAT: “Van naby, regstreeks, reguit, onverwags, skielik”. Dit dui die wyse an waarop jy iemand benader vir ‘n gesprek.

Cornelius ·

Ja Estelle, ek dink eerder mense moet al die feite kry voor mens kommentaar lewer. Wat daar nie genoem word is dat daar n derde voertuig betrokke was by die ongeluk genaamd n taxi en op n gevaarlike draai waar die gras byna 2 meter hoog staan. Dit is ook n geen verbysteek area juis oor die draai. As jy mooi gaan kyk sal jy sien dat die taxi eers met die mercedes gebots het, die wit merke van die taxi is nog sigbaar op die foto hierbo teen die mercedes. Of die taxi die Hilux verbygesteek het op n blinde draai is nog onbekend en of die mercedes beheer verloor het voor of na dit met die taxi gebots is ook onbekend op die stadium. Die waarheid sal wel uitkom. Ongelukkig op die einde van die dag is daar lewens geeis en dit kan nooit vervang word. My kinders het hul Oupa verloor. My inige simpatie aan die familie van die man in die Hilux bakkie wat n lewe moes afstaan aan die dood.

elize ·

Ek hoop dat jul agter die waarheid sal kom. My seun is in amper soortgelyke ongeluk oorlede 10 maande gelede en ons het steeds nie antwoorde..sterkte is al wat ek kan sè..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.