Twee dood in vroegoggend-botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

Twee mense het Sondagoggend in ’n motorongeluk op die R82 by Vereeniging in Gauteng gesterf.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 06:37 na die toneel tussen Roshnee en De Deur ontbied waar ’n motor en ’n bakkie teen mekaar gebots het.

Met hulle aankoms het paramedici twee mense, ’n man en ’n vrou, op die toneel dood verklaar.

Vier ander mans in die bakkie het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ’n hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling, het Herbst gesê.

Die oorsaak van die botsing is nie in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Ons self was Vrydag en Saterdag op reis tussen Nelspruit en Roodepoort en het op die N4 W en O gery, N1 N en S gery en die N3 S gery. Verkeer het mooi gevloei en net 2 soorte oortredings het amper 4 ongelukke veroorsaak, verbysteek op ‘n sperstreep, swaarvoertuie wat op die snelweë jaag soos ‘n weghardloop vragmotor.
Oor die algemeen het pad gebruikers puik bestuur.

@wielspore ·

Spetstreep verby ateek is nogal n groot oorsaak van ongelukke. obfeduld is n ewel. Ek is n skool transpirt en ry tydebs skool kwartale bàlé kilometers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.