Twee dood in Wes-Kaap-botsing

Twee dood in Wes-Kaap-botsing (Foto: ER24)

Twee mans is Dinsdagoggend vroeg oorlede toe ʼn vragmotor met hul motor gebots het by Sax Circle in Bellville in die Wes-Kaap.

Een van die mans is met die impak van die botsing uit die motor geslinger, terwyl die ander man in die motorwrak vasgevang was.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die man wat uit die motor geslinger is, is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander man op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het.

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Vermaak sê ʼn groot hoeveelheid diesel het in dié omgewing oor die pad verspil en plaaslike owerhede is steeds besig om die pad skoon te maak.

Die kruising naby Sax Circle sal ʼn geruime tyd gesluit wees weens opruimingsaktiwiteite.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stoffel ·

Met al die ongelukke daagliks moet Maroela Media dalk Maroela Auto Media word. Dis verskriklik…!!

cor ·

As daar nie ‘n vragmotor betrokke is nie is dit ‘n taxi. Hulle motto is blykbaar “We rule the road” .

Erika ·

Ek het verlede Maandag vanaf Kuilsrivier gery na die Paarl op die N1. Ek was later spyt ek het nie die vragmotors getel nie. Daar was baie vragmotors op die pad en ry sommer van die een baan na die ander. Sit net flikker aan en trek oor na ander baan…..motors moet rem om plek te maak. Geen respek vie padreels ….. so ook taxis. Die paaie is chaos en gevaarlik.

Frik ·

Swak berig. Hierdie was 2 rowers wat ‘n wag geskiet het in Durbanville en weg gejaag het.

karma ·

Nee Cor, hierdie keer was die vragmotorbestuurder onskuldig.
Die twee in die voertuig het ‘n drankwinkel in Durbanville beroof in die vroee oggendure; wt gelei het tot die dood van ‘n veiligheidswag en geeindig het met die twee wat in ‘n vragmotor vasgery het en toe dood is.
Hulle vriend wat te voet probeer vlug het in Durbanville is vasgetrek deur die polisie en sal in die hof verskyn.
Die ongelukstoneel het baie erg gelyk en ek het die arme mense in die kar baie jammer gekry……tot ek die storie gehoor (en gelees het).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.