ʼn Man en vrou is dood en hul sewejarige dogtertjie in ʼn bedenklike toestand nadat hulle Maandagoggend op die R500 tussen Parys en Fochville teen ʼn vragmotor gebots het.
ʼn Paramedikus wat van diens af was en op die toneel afgekom het, het met behandeling op die kind begin.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn sportnutsvoertuig het op sy kant langs die pad gelê terwyl ʼn vragmotor ʼn ent weg gestaan het.
Die kind het talle beserings opgedoen en was in ʼn bedenklike toestand, het Meiring gesê. Sy is per lugambulans na ʼn private hospitaal vervoer.
“Die liggame van ʼn man en vrou is ook in die sportnutsvoertuig aangetref. Albei het voor die aankoms van mediese dienste op die toneel gesterf.”
Volgens Meiring was die vragmotorbestuurder ongedeerd.
Plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ai dit is bitter jammeroor die ongeluk!!!!