Twee dood na geveg in Pta

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Twee mans is dood nadat ʼn geveg in ʼn informele nedersetting in Moreletapark in Pretoria uitgebreek het.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geveg het Saterdagaand tussen twee groepe van verskillende informele nedersettings uitgebreek. “Twee mans van Lesotho, tussen 30 en 40 jaar oud, is tydens die geveg dood en nog ʼn man is ernstig beseer.”

Volgens Weilbach is die beseerde man na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. “Dit is nog nie duidelik wat tot die geveg tussen die twee groepe aanleiding gegee het nie.”

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in die Plastic View-informele nedersetting plaasgevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.