Twee dood ná hartstilstande op ongelukstoneel

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mans is Saterdagoggend dood en twee ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die R603 in Winklespruit, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici en lede van die brandweer het twee voertuie se wrakstukke op die toneel aangetref. “Die brandweer moes die beseerde persone uit die wrakke sny en paramedici het onvermoeid gewerk om die mense te stabiliseer,” het hy gesê.

Twee van die beseerdes se harte het gaan staan terwyl paramedici hulle behandel het, en hulle is op die toneel dood verklaar. Die ander passasiers is met ernstige beserings na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Besonderhede rondom die oorsaak van die botsing sal deur ʼn polisieondersoek bepaal word,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Uiters tragies en gewoonlik dodelik die kop-teen-kop botsings.
“Winklespruit” is “Winkelspruit”.

Dave ·

Jy’s verkeerd (en blykbaar wag Maroela vir my om jou reg te help). Winklespruit is Winklespruit.

Peet Schabort ·

As jy ‘n Engelsman is dan is dit “Winklespruit”. Vir die Boere is dit “Winkelspruit”.
Selfs die “New South African Book of the Road” van die AA is die spelling “Winkelspruit”. Let daarop dat dit die Engelse uitgawe is en hulle spelling van bekende plekname is baie korrek. Weer in die Reader’s Digest se Atlas is dit “Winklespruit”.
‘n Engelsman skryf ook “little” en spreek dit uit as “littel”. Vandaar hierdie spelling om die Engelse se skryfmetode te pas.
Ek het dit ook gehad dat ‘n Engelsman wat ek geken het die plaas “Winkelhaak” gespel het as “Winklehaak”. Dit kom doodnatuurlik by die Engelse.
Gaan kyk op die internet en jy gaan beide spellinge ook daar kry.
Ek reken dat Maroela jou sal moet reghelp.
Hoe lyk dit Maroela, wil julle nie uitsluitsel gee ?

Peet Schabort ·

Dave, die ‘spoeg-en-plak’ fasiliteit van Maroela werk skynbaar nie. Tik “Winkelspruit spelling” in op die internet en dit gaan jou bring by die Engelse- en die Boere se spelling.
Ek glo dat Maroela dus die Engelse se spelling gebruik.

Dave ·

Jy’s nogal reg Peet (mbt tot Internet). Wink(l)e(l)spruit is sowat 30ks van waar ek woon en ek ken dit bloot as Winklespruit. Ek is ook vanweë my omgewing heel Engels en praat slegs Afrikaans in my eie huis en in hierdie forums. Internet help my om Afrikaans op dreef te hou want wanneer ek by die deur uitstap is ek in ‘n Engelse wêreld. Is dit Kaapstad of Cape Town?

Peet Schabort ·

Dave, was Kaapstad in die ANC se hande dan was dit heel eenvoudig “Skaapstad” of “Sheep Town”.
Eeeeeeeiiiiiiissssshhhhhh !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.