Twee dood ná helikopter neerstort

Stephan en Soné Ferreira. Foto: Facebook

Twee mans is Woensdag dood nadat die helikopter waarin hulle was teen ʼn elektriese kabel vasgevlieg en neergestort het.

Die vlieënier, Stephan Ferreira (37) van Winburg in die Vrystaat, en Nico Vos (67), ʼn plaasbestuurder naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is op die toneel dood.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans het buffels gesoek op die plaas Bigstok in die Clocolan-omgewing in die Vrystaat toe die ongeluk omstreeks 11:00 gebeur het.

“Die buffels was in ʼn bergagtige gebied op die plaas. Daar word vermoed dat die vlieënier nie die elektriese kabel gesien het nie aangesien hy moontlik besig was om op die grond te konsentreer.” Die Robinson-R22-helikopter het die elektriese kabel getref en neergestort.

Nico Vos

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, het gesê hul nooddienste het op die voorval reageer. “’n Dokter van ʼn nabygeleë hospitaal het die twee mans op die toneel dood verklaar.”

Mbambo het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, het bevestig hulle ondersoek die voorval.

Ferreira was die eienaar van Benchmark Helicopters en SF Boerdery. Hy laat sy vrou, Soné, en hul babadogtertjie, Miané, wat in Februarie vanjaar gebore is, agter. Ferreira en sy vrou is in November 2014 getroud.

Die eienaars van Archer’s Edge, ʼn boogskietbaan en -winkel in Pretoria, het op Facebook gesê Vos was ʼn legende onder Suid-Afrika se professionele boogskietjagters. Vos het glo ook al verskeie kere oorsee gejag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ursula ·

Aan die my sissie en haar kinders en kleinkinders sterkte en ons dink aan julle
Nico was baie geliefde en bekend onder die familie en vriende

Sone en familie sterkte ons dink aan jou

PJC ·

Is dit nie dalk tyd dat hoogspanningsdrade op een of ander manier meer sigbaar gemaak word nie. Te veel en meestal jong mense verloor hulle lewens as gevolg van hierdie lyne. Selfs voëls vlieg voortdurend daarteen vas.

Deon ·

Ek dink daar vlieg deesdae teveel helikopters rond sonder dat die terein behoorlik ondersoek word voordat daar begin word met die vlug!!

Christo ·

RIV Oom Nico, jy gaan gemis word. Jy was n inspirasie vir ons almal.

Brigitte ·

Aan Ons Suster Ingrid ,Kinders en Kleinkinders .Watter groot verlies is dit vir julle en almal wat vir Nico deur die jare geken het. Nico het baie Respek en Liefde vir die Oop vlakkes gehad en dis waar hy die gelukkigste was. Ons sal Nico vir altyd diep in ons Harte onthou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.