Twee dood na helikopter neerstort

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mense is dood nadat ʼn helikopter Woensdagoggend in Musina, in die noorde van Limpopo, neergestort het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn manlike vlieënier en vroulike passasier dood is. Die R44-helikopter het omstreeks 05:00 in ʼn veld agter die Musina-gholfklub neergestort. “Dit is nog nie duidelik waarom die ongeluk gebeur het nie en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek,” het Otto gesê.

Die oorledenes se name kon nie dadelik bekendgemaak word nie, aangesien hul naasbestaandes nog nie van hul dood ingelig is nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarie ·

AGGENEE!!! Êrens het iemand op hulle gewag. Daar’s taamlik gereeld vliegtuig ongelukke. Wonder wààr die fout lê? Word die vliegtuie behoorlik gediens? Of het dit iets met opleiding te doen?

Michelle ·

Sarie, hy is ‘n opgeleide ‘pilot’, niemand weet nog wat die ongeluk veroorsaak het nie. Ek het 2 dae terug in daai einste helikopter gevlieg en hy het niks makeer nie.

Herman ·

Sarie, jammer maar ek gaan jy uithaal op jou comment! Die pilot wat betrokke was by die ongeluk, was uitstekend in sy beroep. En ons weet hy het alles in sy vermoee gedoen om die ongeluk te voorkom. Party mense moet eerder dink voor hulle comment. Daar is 2 families wat die tragedie probeer verwerk en dis die snert wat gese word! Sit ‘n wag voor jou mond. Simpatie aan beide families, julle was great mense en ons gaan julle vreeslik mis

Dee ·

Vliegongelukke is steeds ‘n seldsaamheid en so sal dit bly mdat dit die veiliger manier van vervoer is. Ongelukke in lugvaart is byna altyd voorkombaar en die menslike faktor speel ‘n groot rol maar soos reeds gesê, dit gebeur min kere.

Winston ·

Tragies as n vlieg ongeluk noodlottige gevolge het. Baie faktore wat in ag geneem moet word met vliegtuie wat neergestort het, maar altyd jammer as dit gebeur.

A ·

Ek dink dis regtig onnodig dat daar ń foto van die liggaam ook op gesit moet word!Dis klaar hartseer genoeg vir ons mense hier en om dit te sien maak dit net soveel erger om te weet dis jou Vriendin/familie wat daar lê!

chantel ·

Dankie baie, ek voel ook so want dis my suster wat daar le!!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Chantel

Ons vra om verskoning as die foto onsensitief was en onnodige seer gebring het. Die foto is intussen verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê A

Ons vra om verskoning as die foto onsensitief was en onnodige seer gebring het. Die foto is intussen verwyder.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Bennie ·

Rus in vrede. Die Helikopter was seker te laag vir ‘n auto rotate landing. Hartseer dag vir vrinne en families.

Eugene ·

Ek ken die vlieenier persoonlik .Hy was hoogs bekwaam met goeie ondervinding.Hy was ook n vaste vlerk vlieenier. Weet iemand wat gebeur het.Laat weet asb.

Michelle ·

Chantellie ek stem saam!!! Dis hoogs onprofesioneel om Rox se liggaam te wys op die foto! Hul is nog besig met die ondersoek, kan maande vat.

Stef ·

Dis baie tragies en sterkte vir almal wat hierdeur geraak word. Ek verstaan mens is fyngevoelig oor verkeerde kommentaar, maar moenie vir Sarie uithaal nie, sy bedoel dit oor die algemene voorkoms van vliegongelukke die laaste ruk, en nie hierdie spesifieke geval nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.