Twee dood ná inbraak by Pta-meenthuis

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Twee mense is dood en ʼn derde gewond, nadat ʼn groep rowers en ʼn veiligheidswag Dinsdagoggend by ʼn woonkompleks in Elarduspark in Pretoria op mekaar losgebrand het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het omstreeks 02:00 die kompleks binnegegaan en by een van die wooneenhede ingebreek deur ʼn skuifdeur oop te forseer. “Hulle het ʼn vrou en haar seun in die eenheid aangehou en geld geëis,” het Dlamini gesê.

Terwyl hulle besig was om die vrou en seun vas te bind, kon die seun daarin slaag om te ontsnap en buite toe te hardloop. Hy het ʼn veiligheidswag geroep, wat dadelik gereageer het. “Toe die veiligheidswag by die toneel opdaag, het ʼn skietgeveg tussen hom en die verdagtes ontstaan. Die veiligheidswag en een van die verdagtes is doodgeskiet, terwyl ʼn tweede verdagte gewond is,” het Dlamini gesê. “Die ander drie verdagtes het gevlug.”

Die vrou en haar seun is ongedeerd. Beslag is gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens, balaklawas en handskoene.

Volgens Dlamini word ʼn saak van moord, poging tot moord, poging tot huisbraak, die onwettige besit van vuurwapens en opsetlike saakbeskadiging ondersoek. Die polisie is steeds opsoek na die drie verdagtes wat ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Moeks ·

So jammer dat die veiligheidswag met sy lewe moes boet. Sterkte aan sy familie.

Bly die vrou en kind is gehelp.

SNEL ·

Ek stem Moeks, was my eerste gedagte ook. Hy het dadelik opgetree en wou help om ander veilig te hou en toe verloor hy sy lewe. Hy is n dapper man, hy het nie eers twee keer gedink om te help nie. Baie sterkte aan sy familie.

Hettie ·

Hoe het die verdagtes reggekry om in kompleks in te kom? Sterkte aan sy familie!

Rudi ·

Hettie. Dit is baie moeilik om ‘n kompleks te beskerm. Mens sit met klom eienaars op sy grense en daar is bitter min elektriese heinings wat mens kan se waar die heining af is. In die nag knip hul die heining en die wagte moet tot die volgende dag wag om te kyk waar die heining af is. Mens kan nie elke grens eienaar wakker klop om hom te vra of sy deel van die heining nog ok is nie.

GES ·

Dit is wonderlik om te verneem dat die veiligheidswag onmiddelik reageer het maar bitter hartseer dat hy met sy lewe moes boet. Ons innige simpatie met sy familie en eer ook sy nagedagtenis.

alida ·

Watter kompleks in Elarduspark. Ek woon ook in ‘n kompleks en as mens weet kan jy op die uitkyk wees.

Theresa ·

Tragies dat wag gesterf het. Ongelukkig baie maklik om by party komplekse in te kom, veral as inwoners nie wag totdat die hek heeltemal toe is nie. En as daar goedsmoeds vir enige mens oopgemaak word (bv met ‘n afstandbeheer). Die Gatekeeper is ‘n wonderlike manier om toegang te beheer – ons het dit gedoen en mens sien gedurig op die “log” hoe ongeregistreerde persone probeer toegang kry! Hoop die swernote word gevang.

Tascha ·

Dis baie hartseer dat die wag moes omkom ek stem egter met jou saam ek is werksaam by ‘n firma wat gatekeepers installeer en dis ‘n wonderlike manier on toegang te beperk!

Hans Koedyk ·

Ja dis jammer dat die Veiligheidswag sy lewe moes verloor. Kan net nie verstaan dat die polisie se dat ‘n saak van “poging tot huisbraak” onder soek sal word. Die mense het Dan “toegang” tot die wonig bekom deur die skuif deur. ..my kennis v d wet se v my dat ” ‘n Huisbraak saak” onder soek moet word en nie ‘n poging tot huis braai nie. Of probeer hulle die in breakers “help”…want poging se Straf is nie so swaar Soos Huis braak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.