Twee dood ná jaagtog, skietgeveg

Foto: Rescue Care

Twee mense is dood en nog vyf beseer nadat ʼn hoëspoedjaagtog en skietgeveg hom Vrydag op ʼn snelweg in Durban, KwaZulu-Natal, afgespeel het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 11:30 na die toneel op die N2-Suid naby Nandi-rylaan ontbied. “Die hele snelweg op die N2-Suid was afgesper en drie erg beskadigde voertuie het oor die ryoppervlak verspreid gestaan,” het Jamieson gesê.

Hy het gesê ʼn vrou was in een van die voertuigwrakke vasgekeer en meganiese toerusting moes gebruik word om haar te bevry. Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is. Nog vier mense is op die toneel vir skietwonde behandel, asook vir beserings wat hulle tydens die ongeluk opgedoen het. Hulle is ook na verskillende hospitale geneem.

Foto: Rescue Care

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die polisie inligting ontvang oor ʼn beplande rooftog en het hulle hul na die plek gehaas. Op pad daarheen het hulle ʼn voertuig met vyf mans binne-in opgemerk wat ooreenstem met ʼn beskrywing van die verdagtes se voertuig.

“Die oomblik toe die verdagtes die polisie gesien het, het hulle skote op hulle afgevuur en hulle van die pad af gedwing. Die polisie het teruggeskiet en twee van die verdagtes is doodgeskiet,” het Zwane gesê. Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem, terwyl die vyfde verdagte daarin geslaag het om te ontsnap.

Zwane het gesê ʼn aantal vuurwapens is op die toneel gevind. “Ons kan in dié stadium nie meer inligting bekendmaak nie, aangesien die polisie steeds besig is met hul ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Charmaine coetzee ·

Weereens onskuldige mense wat weer seer moes kry a.g.v misdaad

Vuurwapens ·

Wéér onwettige vuurwapens! Waar kom dit vandaan? Die polisie moet eerder hierdie praktyk stopsit as om te appelleer teen mense wat hul (agterstallige) lisensies wil hernu.
Sterkte aan diegene wat ongevraagd op die toneel was en ook moes deurloop.

Cherokee ·

Stem met jou saam. Onwettige vuurwapens behoort teen die wet te wees.

Cherokee ·

Leahim, wanneer sulke dinge in Natal gebeur ry die kroeks gewoonlik met GP-karre.

Robert Naude ·

Cherokee,
Onwettige vuurwapens IS teen die wet. Die mense steur hulle egter nie aan die wet nie.

Dark.O ·

Verspot om te sê dat onwettige vuurwapens teen die wet behoort te wees. Onwettige vuurwapens, soos die woord onwettig op dui, is teen die wet.

Cherokee ·

Dankie vir die korreksie – het dit nou net op die nuutste verklarende woordeboeke gaan naspeur en jy blyk reg te wees. Die ander lesers wat nie ‘Dark’ is nie het my verstaan.

LMF ·

Cherokee het jy al jou slaap pil gevat jy klink regtig moeg hoor

Cherokee ·

LMF, jy is opsigtelik nie een van die ànder lesers waarvan ek praat nie.

sug ·

Ja, Suid-Afrika… Wie wanneer ookal waar ookal woon of beweeg, wees voortdurend wat ookal te wagte. Dis die lewe. Want die dood skuil deesdae om die hoek.

Arno ·

Die wetteloosheid in die land sal nie ophou todat Zuma en al sy korrupte pelle gejaag word nie. Hulle moet almal tronk toe. Die wet is aan kriminele se kant. Polisie is useless en net so korrup. Ons moet vir almal wys daar is n beter SA in die toekoms as al die bogenoemde uitgesort word. Bring die doodstraf terug. Waar het jy gesien n moordenaar indien hy ooit skuldig bevind word kry 6-15 jaar maar n verkragter lewenslank? Belaglik!

Chris ·

Kwaai Zoeloe Natal is nie plek vir kabouters nie. Gangsters Paradise is ‘n vulletjie teen die provinsie. Die meeste politieke en stammoorde word hier gepleeg. Dit gaan rof hier want almal wil soos die president no die wet wees.

Winifred ·

Dus verskriklik. Waar in die land is enige iemand nog veilig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.