Twee dood ná koeëlreën

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Twee mans is Woensdagaand in ʼn koeëlreën dood kort nadat hulle glo die polisie se opdrag om hul motor te stop, geïgnoreer het. Een van die insittendes, asook ʼn polisiebeampte, is tydens die skietgeveg beseer.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes om 21:20 ʼn motor met drie insittendes in die strate van Phoenix in Durban gewaar.

Die beamptes het die bestuurder beveel om af te trek, maar hy het die polisie se blou ligte en sirene verontagsaam en op die vlug geslaan.

“Die polisie het die motor agternagesit toe dit skielik in Northernrylaan in dié dorp stilgehou het. Toe die beamptes die motor nader, het die insittendes op hulle losgebrand.”

Een van die beamptes is in die been geskiet.

Twee verdagtes is tydens die skietgeveg noodlottig gewond, terwyl ʼn derde beseer is. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die beampte wat beseer is, is stabiel en in die hospitaal.”

Die polisie het op twee vuurwapens en die verdagtes se motor beslag gelê.

“Die polisie het ʼn saak van poging tot moord geopen en ondersoek die saak verder,” het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Is dit verondersstel om ‘n pluimpie vir die Beamptes uit te lok?

Diline

Genade, wat gaan aan in die Polisiemag? Elke dag is daar nog ‘n berig van ‘n polisielid wat deel is van een of ander misdaad, moord, korrupsie en verkragting. Lyk of daar meer kriminiele in die polisie is as iets ander. Dink as keuring proses streng gevolg word sal daar nie so baie kriminele aangestel word nie. Skryende skande!!!!!!!!!! en Cele is doodstil as dit kom by sy mense.

Louwrens

Ek sal nie wegjaag nie, maar ek sal ook nie net vir enige “polisie” voertuig stop nie. Ek sal rustig tot by die naaste stasie ry.