Twee dood ná motor omslaan

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mans is dood en drie beseer nadat ʼn motor omgeslaan het op ʼn grondpad naby die N8 in Kimberley in die Noord-Kaap.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 Sondag plaasgevind. “Paramedici van Netcare 911 het saam met paramedici van ʼn ander ambulansdiens op die toneel gewerk.”

Volgens Mathe is twee mans op die toneel dood verklaar terwyl die drie beseerdes op die toneel behandel is voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.