Twee dood ná motor onder bus beland

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911

Twee mense se liggame moes Dinsdag uit die verfrommelde wrak van ʼn motor gesny word wat tydens ʼn botsing onder ʼn bus beland het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het op die R513 (Sefako Makgathorylaan) tussen die N1-snelweg in die rigting van Cullinan plaasgevind.

“ʼn Bus en ʼn motor het mekaar getref, waarna die bus bo-op die motor tot stilstand gekom het. Twee mense wat in die motor was, is op slag dood,” het Mathe gesê.

“Paramedici van verskeie nooddienste het saam met beamptes van die Tshwane-brandweer gewerk om die oorledenes se verminkte liggame uit die wrak te sny.”

ʼn Gedeelte van die pad moes vir verkeer gesluit word.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nix ·

Daardie pad is die pad van die dood, kort-kort is daar ‘n ongeluk en 90% van die tyd is dit fataal. Daar is al verskeie versoeke aan die stadsraad gerig om daardie paaie verby Zambesi Rylaan te ondersoek om vas te stel wat die probleem is, maar alles het not tot dusver op dowe ore geval. Baie sterkte aan die oorledenes se naasbestaandes.

Elize ·

Sjoe dit is baie hartseer. Die busse voel absoluut niks vir mense op die Cullinan en/of Molotopad. Hulle druk eenvoudig voor jou in, of ry jou van die pad af en die meeste hou beslis nie by die spoedgrens soos wat op die bus voorkom nie.

Wiebo ·

Ek werk in Pretoria en bly in Cullinan, ry elke dag daardie pad, sonder probleme. Daar is net min plekke en geleentheid om verby te gaan. Mense gaan karre verby as dit nie veilig is nie. Dit is die probleem. As jy die pad ry, wees net geduldig. Wil nie op mense se tone trap nie, maar die mense wat laatmiddag die pad onverskillig gebruik, is Toyota Prados en Fortuners. Ek sien julle elke middag hoe baie kanse julle vat.

Koos1 ·

Wiebo, en ek ry daar, binne die spoed grens, en busse gaan aan jou linkerkant verby in die geel streep.
Ek dink jy moet jou self net gelukkig ag.

Jeanette Visser ·

Ek gebruik elke liewe dag die Ou Warmbad pad en ook jammer om te sê maar mense met die grand karre en 4 x4s’ dink as hulle aankom moet jy net pad maak of jy nou kan of nie en as hulle verby jou kom (ek ry die spoed grens van 100) word daar vir jou toeter geblaas of sny reg voor jou in en trap hulle remme of wys vir jou allerhande tekens. Wanneer gaan ons mense leer om meer bedagsaamheid te betoon op die paaie.

Putco moet val ·

Ek weet nie of putco by hierdie spesifieke geval betrokke is alweer nie, maar hulle direkteure het al soveel dood veroorsaak dat hulle vir moord aangekla moet word. Die direkteure van putco moet geidentifiseer word en aan die publiek bekend gemaak word.

popeye ·

Google net “Putco directors”, hulle is almal daar vir almal om te sien.

Johannes Meintjes ·

Daar kom talle ongelukke op die Molotpad en die Cullinanpad voor. Onbedgate padgebruikers, toenemende verkeerspatrone en paaie wat moontlik nie oorspronklik gebou of uitgemerk is vir voorstedelike verkeer skyn bydraende faktore te wees. Baie van die Kameeldrif Oos se enekele GPF vrywilligers sit hul tyd, energie en middele daarin om ter eniger ure met voorvalle van ernstige voertuigingelukke op die Moloto en Cullinan paaie te help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.