Twee dood na motor ‘ontplof’

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is vroeg Sondagoggend dood nadat die motor waarin hul was gerol en toe glo ontplof het in Benoni aan die Oos-Rand.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor voordat die motor glo ʼn lamppaal getref, gerol en ontplof het.

Bodasing het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was die motor in ligte laaie. Brandbestryders het die brand geblus. “Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die mense in die motor kon doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liana Strassberger ·

Dis so jammer en hartseer om sulke nuus te lees, dis seker ook jongmense wat laat aand op pad huis toe was. Baie sterkte vir hul familie

Peet Schabort ·

Kommentaar op ‘n ander nuusmedia dui daarop dat dit ‘n 60km/h-sone is.

Leonie ·

RIV Jacques en Jackie!! Dis verskriklik! Almal gaan julle baie mis!

Engela Swart ·

Sterkte Annette en Sakkie, om twee kinders aan die dood af te staan is so bitter eina!
Ook aan Jacqueline se familie, mag julle almal deur ons Hemelse Vader vertroos word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.