Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het Saterdag omstreeks 01:00 in Glendale, sowat 35 km van Stanger, plaasgevind. Volgens Mckenzie het die motor die pad verlaat voordat dit teen ʼn groot boom gebots het.
Mckenzie het gesê die twee insittendes was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Die twee mans was vermoedelik tussen 25 en 30 jaar. Volgens Mckenzie moes brandbestryders van die KwaDukuza-brandweer meganiese toerusting gebruik om die mans se lyke uit die wrak te verwyder.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek, het Mckenzie gesê.
Daardie tyd van die oggend dalk n hoë alkoholvlak? Spoed?
Riekie, ‘n motor se spoed ja maar nie die motor se alkoholvlak. Dis volgens die berig die motor se skuld.
Die motor het die pad verlaat en die motor het teen ‘n boom gebots.
Ek is net genadig dankbaar dat ek nog nie in so ‘n motor was.
Dit klink soos ‘n steeks perd waaroor jy geen beheer het.