Twee dood na motor teen heining bots

(Foto: ER24)

Twee mans is dood en twee beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het teen ’n heining gebots het in Ermelo in Mpumalanga.

Die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure in President Fouché-straat plaasgevind, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“Paramedici van ER24 het omstreeks 01:40 op die toneel aangekom. Al vier mans is buite die motor aangetref.”

Volgens Meiring het twee van die mans reeds aan hul beserings beswyk en is hulle op die toneel dood verklaar.

“Die twee ander mans het ligte beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ’n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die presiese omstandighede van die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dahlia ·

Toesluiting is vanaf 10nm tot 4vm, publieke plekke soos kroeë en restaurante moet 9nm sluit om personeel en kliënte tyd te gee om tuis te wees teen 10nm.

Persheks Adri ·

JohanR het net ‘n vraag gevra dis nie nodig om hom te stenig oor dit nie werklik waar! Die reëls verander so baie…

Mieke ·

Daardie tyd van die aand… Vrydagaand…. dikwels té vinnige spoed. Baie jammer vir die familie van die twee oorledenes.

Nie Verbaas ·

01:40? Dit lyk my regulasies geld net vir sekere mense? Is hulle toegesluit?

absoluut ·

Is hulle toegesluit? Wat soek hulle daai tyd van die nag/more op die pad.

SomeOne ·

jammer vir oorledenis
is dit nie ‘n volke se wagen nie, die een met die snaakse klank as dit van ratte verwissel nie, kom my vriende ry saam, voel die opwinding as die tjorrie so teen 180km/u kom

Deon ·

Baie mense in die kommentaar vra of die mense toegesluit is, wat wil ons he? Is hulle toegsluit,,,
As die antwoord nee is, waarom nie……. As die antwoord ja is, waarom… Wat van die lewens wat verloor is? Moet daar nie eerder daarop gekonsentreer word om dit te probeer verhoed nie?

Bushy ·

Deon jy is reg met jou Stelling. Daar is net soveel breinloses onder die komentators op Mariela Media ook, mense wat nie vir hulself kan of wil dink nie.

quartus ·

Hoe ” bots ” jy in n heining maar die voorkant van die voertuig makeer niks?

Sêmanet ·

Dis nogal ‘n vraag. Maar dit lyk amper asof die kar sy wiel/e in die proses verloor het. Daai was nie ‘n stadige ongeluk nie, spoed moes betrokke wees.

Jack ·

Die covid blackout is net vir wetsgehoorsames en die ander kleiner groep kan maak soos hulle wil. Sekerlik was daar drank ook betrokke.

Kathleen ·

hulle het verseker iewers makietie gehou en terug gejaag huistoe met die hoop dat niemand hulle sou gewaar nie , ongelukkig toe nou nie so uitgewerk nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.