Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het vroeg Vrydagoggend op die hoek van College- en Alexanderstraat plaasgevind. Volgens Meiring het vier mense bewegingloos in die motor gelê met paramedici se aankoms op die toneel.
Die bestuurder van die motor is op die toneel dood verklaar. Die ander drie insittendes het kritieke beserings opgedoen en paramedici het hulle onmiddellik begin behandel.
Meiring het gesê die drie insittendes is na die Mediclinic Pietermaritzburg en Edendale-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling. Een van die kritiek beseerde passasiers is egter met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Volgens Meiring is niemand wat in die huis was in die ongeluk beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Die oorsaak is spoed, roekelose bestuur en die kleur van die motor.
Gee ongeluk van so aard sal gebeur in ‘n woonbuurt as by die spoedgrens gehou word nie.
Maar soos dit gaan, geld dit net vir somige.
Party sukkel om nugter te bestuur, dan wil hul nog jaag.
Gaan my verstand te bowe!!!
Die kommentaar van mense op die berigte in die koerante sorg elke oggend dat ek my dosis lag vir die dag kry en my dag baie goed kan begin. Ek weet nie of ek net onnosel is nie, maar wat het die kleur van die motor met enige ongeluk te doen. Ongelukke word deur enige kleur motor gemaak. Die spoed en roekelose bestuur verstaan ek, die kleur van die motor slaan my totaal dronk. Ek bestuur ook ‘n swart motor, so sal van nou af regtig ekstra versigtig wees.
Jeanetta, jy is seker blond, is jou swart motor se spieels ook versier met die landsvlag, ek vermoed die moer van die stuurmeganisme het onklaar geraak.
Scalla, NOU het jy dit slim gestel en die Maroela se reëls mooi omseil PLUS my baie lekker laat lag oor die stuurmeganisme gedeelte!’n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig!
Hi Jeanette,ek het nou net so lekker gelag,het even my kollegas geroep om te lees.
Jeanette, is dit moontlik dat jy so ñ blonde oomblik kan beleef? Ek kon dit nie glo toe ek jou kommentaar gelees het nie!
Jou volgende motor moet asb ñ ander kleur hê.
Jeanetta, dit lyk of dit nog donker was ten tye van die ongeluk. Gevolglik het die muur en huis a.g.v. die motor se kleur hom nie gesien kom nie.
Vertrou dat dit nou sin maak . . . ?
Lees tussen die lyne!!!
Net so “Sê maar net” – soos ek genoem het, ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig!
Hehehehehehehehe :)
Jeanetta…ek wil net weet…2 mans is dood en 2 MENSE kritiek……….seker kon hulle noem mans/vroue?? Vra maar net…..
Ek neem aan die 2 mans het voor gesit (maw een het bestuur). Dan kla mans dat ons vrouens nie kan bestuur nie. Hier is die rede: want mans het ons vrouens leer bestuur!!!
Ek dink rum get nie remme.
Christa, daai een is goed hoor. Jy het my amper lbw geboul.
MAAAAAAAAR, nie alle mans behaal sukses in hierdie lewensgevaarlike poging nie. Sommiges laat vaar vroegtydig.
Karoo groete.