Twee dood na polisieman en makkers glo roof

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee vermeende rowers is Vrydag in die vroeë oggendure in Durban ná ʼn jaagtog en skietgeveg met die polisie dood, terwyl vier ander verdagtes in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep rowers het omstreeks 01:30 op ʼn supermark in die stad se sakesentrum toegeslaan, waar hulle die veiligheidswagte wat aan diens was ontvoer en in die Isipingo-gebied afgelaai het.

Die verdagtes het daarna teruggekeer, by die supermark ingebreek en ʼn kluis oopgesny. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan. Zwane het gesê die polisie het kort daarna die verdagtes se wit Toyota Etios in dieselfde gebied gewaar en dit agternagesit. “Die verdagtes het op die polisiebeamptes geskiet en die beamptes het teruggeskiet. Die bestuurder het beheer van die voertuig verloor en dit het omgeslaan,” het hy gesê.

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Zwane het gesê twee verdagtes is dood in die voertuig aangetref, terwyl nog twee gewond was. Hulle is onder streng polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Een van die verdagtes wat dood is, was ʼn polisiebeampte, wat lid was van die Durbanse blitspatrollie. Die polisie het ook op twee ongelisensieerde vuurwapens en elektriese ontstekers in die motor beslag gelê.

“Terwyl die polisie op die toneel besig was, het hulle ʼn verdagte swart VW Polo gesien wat stadig verby die toneel gery het. Die voertuig is voorgekeer en ʼn ongelisensieerde vuurwapen, lugtydkoopbewyse en die bedrag kontant wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is, is in die motor gevind. Nog twee verdagtes is toe in hegtenis geneem,” het Zwane gesê.

Al die verdagtes is tussen die ouderdomme van 30 en 35 jaar oud. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Irene ·

Dankie vir die goeie opvolg nou net by hille huise toe slaan dan kry julke ook gesteelde items

Carol ·

Bliksis…n blitspatrolie polisieman ook betrokke?…so kom ons om…so kom ons om……

Di ·

Dit is kommerwekkend om te hoor hoe baie polisie amptenare deel is van roofbendes, korrupsie en inbrake!! Dis tyd dat sekerheidsklaring gedoen word op ieder en elke persoon wat vir die staat werk. Dink die uitslag sal skokkend wees wanneer dit gedoen is om te sien hoeveel kriminele in diens van die staat aangestel is.

Johan Burger ·

Uitstekende werk! Ons het nodig om te weet dat daar nog so baie polisielede is wat bereid is om hulle werk te doen, en in die proses hulle lewens in gevaar te stel. Maar die skelm polisieman herinner ons daaraan dat daar nog baie van hulle ook is. Knap gedaan mense!

PJ ·

Dis darem nou een van die dinge van ons Polisie hulle is altyd eerste op die toneel

Grassie ·

Ons moet nie die polisiediens net oordeel oor die vrot appels in daardie mandjie nie. Dit is kommerwekkend, ja, maar hierdie voorval wys dat daar baie meer lede is wat bereid is om hul lewens op die spel te plaas om misdadigers aan te keer. Ek salueer die lede wat hul plig doen.

Max ·

n Ketting is net so sterk soos die swakste skakel . Ongelukkig isn’t daar teveel swak skakels op alle vlakke in die polisie !

Piet Pompies ·

Dit is hoekom misdaad is Suid Afrika buite beheer is, die polisie is betrokke daarby!

Alida ·

Sekerheidstoetse behoort jaarliks op ALLE SAPD lede gedoen word. Mens is bang vir hulle want jy weet nooit of hy opreg, verkragter of skelm is nie.

nieBAFUnie ·

Uiters skerp van jou PJ. “altyd eerste oop die toneel”

Carel ·

En toe skiet die polisie hulle eie makker dood wat deel was van die rowers, is hulle nie bang wat gaan die voorvaders sê nie?

Sarel Strydom ·

Wat van die res van die Polisie wat goeie werk gedoen het,maar word nou gekritiseer oor die een vrot appel wat gevind was. Kritiseer waar nodig maar in hierdie gevaal is opbouende kritiek van meer waarde.

john samuel ·

Die probleem is egter dat daar Nie net ” een” slegte appel in die blou mandtjie is nie……
Eerder n geval van 1 semi-oraait appel wat slegs wag vir Sy kans om geld te kan maak…

Lance ·

As dit maar een appel was …lees net teveel van polisie wat self skelm is… ag selfs zuma met sy meer as 700 aanklagte …dis waar dit begin !

Cherokee ·

Met etenstyd is ek daarvan vertel, deur ‘n skoonmaker. Dit is sowat 1½ kilos vanaf my huis en kantoor. Daar is dinge in die berig wat ek nie glo nie alhoewel dit soos in die berig aan my vertel is vanmiddag. Die ontvoering van sekuriteitswagte na Isipingo waarna teruggekeer is om te roof. Dit glo ek nie want na Isipingo en terug is sowat ‘n uur se ry en om die wagte te ontvoer om ‘n uur daarna te roof is selfs vir Suid Afrika te amateuristies. Die res van die vertelling wat ‘n polisieman insluit by die rowers is natuurlik heel geloofbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.