Twee dood ná rowers losbrand

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Motoris en ʼn vragmotorbestuurder is Woensdag tydens ʼn gewaagde rooftog in Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Ao. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 op die hoek van Mdantsane- en Robbie de Langeweg plaasgevind.

“Twee gewapende verdagtes het in die vragmotor ingespring toe dit by ʼn rooi verkeerslig stilgestaan het,” het Mqala gesê.

“Die verdagtes het op geld aangedring en op die bestuurder begin losbrand voor hulle met ʼn onbekende bedrag geld op die vlug geslaan het.”

Die bestuurder van ʼn bakkie, ʼn man in sy 50’s, is tydens die voorval raakgeskiet en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Die bestuurder van die vragmotor het aangehou ry tot nabygeleë huise, waar hy beheer oor die vragmotor verloor het. Hy is daarna na ʼn hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffers se name kan nog nie genoem word alvorens al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.