Twee dood ná skietery by sportklub

(Foto: pixabay)

ʼn Lid van die publiek is Vrydagaand dood nadat ses mans by die kroeg van ‘n sportklub in Pongola ingebars en begin skiet het.

“Volgens ons inligting het ses gewapende mans met balaklawas Vrydag om 22:30 die perseel betree, die klante gedwing om op die vloer te lê en toe op hulle begin skiet,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal.

“Een van die klante kon sy eie vuurwapen bykom en het teruggevuur. Een van die verdagtes, wat na bewering in sy 30’s is, is doodgeskiet. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is langs die verdagte gekry,” sê Gwala.

Volgens Gwala is een van die klante ook in die proses gewond en na die hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Lede van die gemeenskap met wie Maroela Media gesels het, het die voorval bevestig, maar gesê die gemeenskap is in rou en wil nie verdere besonderhede oor die voorval verskaf nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Daarom sê ek altyd terug baklei is beter as om soos n rot in n hoenderhok geskiet te word.

Andre ·

Mooi man! Darrem een wat paraat was en nie glo in GFSA se strooi nie.

Werner ·

Hulle kan bly wees daar was n gewapende klant anders was daar meer dood

Sean ·

Ek sien die rassiste van news24 het geen nuus hieroor nie Hulle probeer hierdie terroriste aanval stil hou

Lucas ·

Net ‘n vraag: waarom is géén melding gemaak van die feit dat pangas gebruik was en mense se rûe oopgekap was? Is dit met opset deur Maroela Media uitgelaat? Dis in ander media berugte, maar nié hier nie! So hier is slegs ‘n halwe waarheid verkondig!

Elaine Krige ·

Hallo Lucas. Die inligting wat in die berig vervat is, is die inligting wat ons ontvang het. Ons sukkel nog om lede van die klub in die hande te kry. Maar as jy meer inligting of kontakbesonderhede het, asseblief wees so gaaf as om dit met ons te deel. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.