Twee dood ná skietery in kuierplek

(Argieffoto: Unsplash)

Twee mense is in ʼn kuierplek in New Brighton in Port Elizabeth doodgeskiet nadat ʼn stryery oor ʼn tafel glo ontstaan het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê twee mans en twee vroue het kort ná middernag by die taverne ingestap en by ʼn tafel naby die kroegtoonbank gaan sit.

“Die onbekende verdagte het hulle tafel genader en ʼn woordewisseling het tussen die mans ontstaan. Die verdagte het ʼn vuurwapen uitgehaal en albei mans doodgeskiet.

“Hulle is verskeie kere geskiet.

“Die stryery het glo ontstaan omdat die verdagte nie wou hê dat hulle by die tafel sit nie,” het Naidu gesê.

Volgens haar kon die name van die slagoffers nog nie vasgestel word nie. Die moordenaar is ook steeds soek.

Enigiemand met inligting oor die voorval, of wat die slagoffers kan help identifiseer, kan lt.kol. Willie Mayi by 082 697 5914 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Phillip ·

Wette tel nie vir hulle nis of het ons dit vergeet hulle is mos bo die wet van Mafia lans van ons . Net ons word geroskam

JohanR ·

Oor ‘n tafel, en daar le twee mans dood! Wat het gebeur met die dae toe jy gebruik het wat aan jou arms af hang? Julle het makaar soe paar maal soe oor en weer geslaan, totdat een bes gegee het, en dan self miskien ‘n bier saam geniet het. Sien verlede week ‘n taxi gaartjie krap hier in sy skoen af seker ‘n jeuk. Toe die jeuk nou gekrap is toe sien ek is ‘n lang skroewedraaier. Die meneer druk toe die skroewedraaier in sy lang mou hemp in. Ja raak daar ‘n stryery in ‘n taxi, dan kom die geweere en die skroewedraaiers uit!

Michael ·

Dit is ‘n mooi woord vir ‘n shebeen. Hoekom sal die brawe SAP moeite doen om shebeens te takel as daar veel makliker teikens is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.