Twee dood ná skietery in kuierplek

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Twee mans is dood en twee vroue in ʼn bedenklike toestand nadat ʼn skietery Donderdagaand in ʼn kroeg in Kempton Park se middestad uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was omstreeks 23:00 op die toneel, waar ʼn man in die kop en nog een in die bors geskiet is. “Al twee mans het reeds aan hulle beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Nog twee slagoffers, twee vroue vermoedelik in hulle 30’s, was in ʼn ernstige toestand. “Een van die vroue is in die maag geskiet, terwyl die ander een in die maag en been gewond is.”

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê die polisie is steeds op soek na die aanvallers. Volgens hom is die motief vir die skietery nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Attie. ·

Dit bewys dat drank en vuurwapens nie maats is nie. Ek is 100% oortuig die betrokkenis is nie VF+ ondersteuners nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.