Twee dood ná skietery op plaas

Argieffoto: Lorraine Claasen

Twee mans is dood ná ’n skietvoorval Donderdag op ’n plaas in die Fochville-omgewing in Gauteng.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die werkers is omstreeks 17:30 deur drie gewapende mans oorval. “Die mans het vuurwapens op hulle gerig en op kontant aangedring.”

Volgens Ernst het die mans hierna lukraak op die werkers losgebrand. “’n 71-jarige man is in die maag en arm geskiet terwyl ’n 45-jarige man in die bolyf geskiet is. ’n 65-jarige vrou is in haar arm gewond. Die aanvallers het hierna op die vlug geslaan.”

Ernst het gesê die 45-jarige man se liggaam is ’n paar honderd meter van die huis gevind. “Die 71-jarige man is onderweg na die hospitaal oorlede.”

Twee verdagtes is intussen ’n paar uur ná die voorval in hegtenis geneem. “’n Pistool is in die verdagtes, wat in hul 20’s is, se besit gevind.” Ernst het gesê hulle is hoopvol dat nog inhegtenisnemings binnekort sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

willie ·

so gaan dit net aan en aan, maar skynbaar onskuldige boere word summier opgesluit sonder borgtog wees druk deur die brandstigting bevolking! waar gaan dit eindig?

Jennifer ·

Nou die werkers ook, nog n taktiek om boere te benadeel.Hongersnood nie n prioriteit nie.

Johann ·

Deel van Zuma.se Radikale Ekonomiese Ontwikkeling strategie?

AL ·

Hy worry nie, in plaas van die land regeer, dink hy hoe hy sy teenstanders kan skaakmat.

Chilli ·

Boere gee julle plase weg laat ons sien wat dan gaan gebeur no more food! They will buy at checkers hehehe

Boerseun ·

Die dreigement van voedsel sekerheid het hulle nie bo in Afrika gepla nie. Pla net westerlinge

Charmaine Coetzee ·

So hartseer dat oumense so deur geweld gedood moet word barbaarse maniere

Abie ·

Kan iemand dalk vir my se of enige wit mense betrokke was by moorde op swart boere in sa ?

emo ·

hoekom wanneer boer vermoor word is dit n plaas aanval maar indien,werker vermoor word is dit n skietery Maroela ek verstaan nie jul berig opskrif maak my wonder

Johan ·

En hoekom toi toi hulle nou ook nie neeeeeeee hulle jaag net sulke goed aan as dit hulle propoganda help..

Swanna ·

Stem Johan. Maar dit was swart op swart en nie wit op swart of swart op wit nie en dit is hoekom daar ook so gou twee verdagtes aangekeer is,was dit swart op wit het hulle nou nog gesoek.

Pieter du Preez ·

Vra asb die SAPD om vas te stel of hierdie mannetjies nie by Hannes Kidson (Jagfontein)en sy eggenote se moord, die aanval op mev Simpson (Kalbasfontein)en ander insidente betrokke was nie. Die sake was by Westonaria se SAPD aangemeld. Was voorheen Fochville distrik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.