Twee dood ná tien aanvallers op plaas toeslaan

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Plaaswerker en ʼn vermeende plaasaanvaller is dood nadat tien aanvallers Sondagoggend op ʼn plaas naby Philippi in die Wes-Kaap toegeslaan het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê ʼn boer en sy seun was omstreeks 08:50 besig met instandhoudingswerk op die plaas toe tien mans daar opgedaag het onder die voorwendsel dat hulle sake wil doen.

“Een van die mans het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en het die eienaar gedreig en gedwing om die kluis oop te sluit en ʼn onbevestigde bedrag kontant te oorhandig. Die eienaar, sy seun en plaaswerkers is daarna in ʼn stoorkamer ingedwing,” sê Rwexana.

Sy sê ʼn struweling het ontstaan en een van die plaaswerkers (31) is geskiet. Hy is later op pad na die hospitaal dood.

Die aanvallers het met ʼn wit Toyota Avanza en ʼn wit VW Golf op die vlug geslaan. Volgens Rwexana is die plaaslike veiligheidsgroep vinnig geaktiveer en die polisie in kennis gestel.

Die polisie en plaaswaglede kon daarin slaag om twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 35 jaar oud, in hegtenis te neem, terwyl ʼn derde verdagte in die proses dood is. Daar is ook op die Golf beslag gelê.

Rwexana sê die polisie het met behulp van die lugvleuel ʼn soektog na die res van die verdagtes van stapel gestuur.

Sy wou nie Sondagmiddag die naam van die plaas of die naam van die oorledene aan Maroela Media bevestig nie.

Die aanval kom slegs twee dae nadat die liggame van Piet en Elmien Steyn op hul plaas naby Bonnievale aangetref is. ʼn Verdagte is Sondag in verband met dié moord in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

AW ·

Who are responsible to teach and empower the farmers in respect of the following principles:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

“Situational Awareness”

When it comes to farm security??

Jasper Malan ·

Hoe is dit moontlik dat ñ persoon 100% paraat kan wees as jy moet werk ook? Hierdie is akademiese uitgedinkte teoriè wat wel teoretiese waarde het.

Pieter ·

Ek dink AW moet liewer uitvind hoe boerdery werk, voor hy met ‘n paar beginsels vorendag kom.

Oujongvrou ·

AW, it seems no one. But by this time farmers should know they are open targets and be armed at all time. They must really wake up.

Peter holmes ·

Ek slaap elke aand met my .45 Colt onder my kussing. Gespan een in die loop. Meeste mense se wapens in die kluis. Hulle forseer jou on die kluis oop te maak en skiet jou met jou eie wapen

Jasper Malan ·

Julle lewer kommentaar oor praktiese situasies wat julle geen benul het nie. Die asnval was nie in die aand nie. Wie weet meer oor die omstandighede waari in die aanval plaasgevind het???

Wake up? ·

Oujongsimpelvrou
Hoe durf jy sê ons moet net wakker word!! Jy kan jou wapen heeltyd aan jou sy dra en wakker wees soos jy wil. As iemans jou wil leed aan doen sal hul ‘n manier kry! Word jy wakker!!

Nita ·

Die boer en sy seun moes hul dag agter slot en grendel in hul huis deurgebring het. Een kon rus, terwyl die ander een deurgaans, gewapen, deur die vensters loer om te sien wie aankom. Toe 10 mans die plaas betree sonder dat n afspraak vooraf gemaak is, moes hulle onmidellik platgeskiet geword het. Op alles plase moet jy nou maar dag en nag gewapenende wagte he. En die regering moet nie een woord se as jy betreders op sig, skiet nie.

Eddy ·

Phillipi lê tussen Hanover Park,Mitchells Plain,Grassy Park.Dis n landelik stedelik oorgangsone.In Phillipi word kool,wortels,aartappels ens.geboer.Phillipi is n boedery gebied.maar Phillipi-Oos is n swart woonbuurt daar naby waar misdaad hoogty vier.So daar kon enige tyd n plaasaanval plaasgevind het want die krimiminele elemente is daar naby.

Paul ·

Dankie CYRIL vir jou doeltreffende bestuur van die land. Ek hoop jy is trots op die resultate.

Sê maar net 1 ·

Ja die pot prut nou al mooi op die regte temperatuur so hy is seker selfvoldaan

Zimy ·

Gee die man n kans. Cyril word self in ANC aangeval. Ek is nie n ANC supporter maar hell dink n bietjie.
Ons kan ook almal se wat moes gebeer het maar nie een van ons was al in so n situasie so ons kan net treur oor die wie onskuldig met hul lewe moes boet of omdat dit n plaaswerker is en nie die boer en sy seun tel dit nou nie.

Mense leef reg, almal is nie jou vyand en wil jou leed aandoen ons moet mekaar beskerm en nie kyk na ras want soos ons sien kyk die moordenaars nie na kleur.

Mark ·

Hoop almal wat JA gestem het sien nou waarvoor hulle JA gestem het

Lana ·

ANDILE, se maatjies is darem blerrie bang om in sulke groot troppe te beweeg!!

Careltjie ·

Net buite Bloemfontein was daar verlede week n ongeluk met 34 Zimbawiers oppad Kaap toe. Vir watter rede? So, hulle word ingevoer vir anargie in die Kaap.

Jacques ·

Die voorval moet fiksie wees. Plaasaanvalle kom dan nie voor nie; dis nou volgens bronne van uit die presidensie.

Ander Koos ·

Probleem is boer, of enige slagoffer, mag nie 1ste skiet nie. Indien wel sal onmiddellik geareesteer op moordklag, terwyl aanvaller(s) skotvry wegstap ( sou hy leef) al wou hy moor. Absurde situasie, maar dit is hoe dit is

GP ·

Daar is nie so reel nie. As jou lewe of die van n derde persoon in lewens gevaar is mag jy skiet uit self verdediging.
Dit gaan nie oor wie eerste skiet nie. Sal wel in hegtenis geneem word vir verklaring maar as dit self vedediging was sal mens waarskynlik nie vervolg word nie. Elkgeval as gesin of eie lewe in lewens gevaar is skiet eers en antwoord later, sal my voorstel wees.

John ·

Ja nee, die Voortrekkermonument is almal s’n… Wie op aarde het so ‘n besluit namens die boerevolk geneem. Verwaand verby! Wat se AfriForum? Binnekort is al die muurpanele en borduurwerk beskadig of moet verwyder word om die een of ander siel te behaag. Daar is dinge wat eie sake is en geen handevat of versoen of dwingelandy kan die grense oorskry nie. Vir Zoeloes en Maleiers en Khoisan is sekere sake hul eie sake en so het ons ook ons eie kulture sake… net ons s’n!

Thinus Erasmus ·

Ag Huh, die kommentaar is per abuis by verkeerde berig, ek dink dis ‘n goeie standpunt!

Carl Richter ·

The farmers in South Africa wants to get trained by Idan Abomlik. Just Google him. My my humble opinion, there is no one that can train anybody better for self defense especially on farms than Idan.

Jasper Malan ·

Nita wie doen nou dan die werk op die plaas??? As almal in die huis sit. Weet jy hoe groot is die plaas??

Spike ·

Geluk aan cyril en sy comrades. Julle is verantwoordelik vir die rasse moorde en het versoening op gemors, want julle kannie oor julle jaloesie op die blanke kom nie. Word groot, maar dis te betwyfel.

Jasper Malan ·

Julle lewer kommentaar oor praktiese situasies wat julle geen benul het nie. Die asnval was nie in die aand nie. Wie weet meer oor die omstandighede waari in die aanval plaasgevind het???

Abe ·

Jasper Malan,
Die aanval was nie in die aand nie: 8:50, Sondagoggend, volgens MM se berig, terwyl die boer besig was om onderhoudstakies te verrig.

GP ·

Klink of die plaaswag lede daar baie suksesvol is. Dit gee mens hoop. Bly die boer en sy seun het fisies nue skade gekry nie. Sterkte vorentoe en sterkte aan die boere van die omgewing. Wees ekstra paraat nou en moet nie moed verloor nie. Die teenkanting teen hierdie aanvallers neem drasties toe. So gaan julle wen.

johann kotze ·

GP….ek is ook bly die boer en seun is ok…….dankie vir jou positiewe kommentaar….

Johann ·

Soos altyd kom meer as een. Lafaards. Sien nie kans om ‘n mens een een aan te vat nie.

Alwyn ·

Hier in die kaap omgewing het ons baie oud werkers nou pensioenarisse wat op dorpe en in stede sit.Gee hul verniet opleiding en kos en verblyf met selfoon in die hand en hul sal minstens die oe en ore van boere kan wees en meehelp om gevare te identifiseer.Begin buite die boks dink want die vyande is paraat en begin orals uitslaan.

Annie ·

KRY N DECOY KLUIS!!
Dit het familie van my se lewe gered. Kon hulle na decoy kluis lei, met ‘n paar goedkoop juwele, klein bedrag geld en een of twee DISFUNKSIONELE vuurwapens wat nooit weer kan werk nie. Dit kan JOU lewe red!

Cornelia ·

Dankbaar dat die pa en seun nie statistiek is nie. Daar is nét een oplossing teen die aanslag op blankes. Die anc speel ‘n uitgediende rol aan die suidpunt van Afrika. Tyd om hom met wortel en tak uit te fasseer. Dan eers kan S.A nuut begin en terrorisme bestry. Laat ons teenstemme uitbring en die anc as ‘n terreur organisasie begin isoleer. Dit kan gedoen word. Wie is nog lus om deur politieke morsigheid aan die neus gelei te word?

Pierre ·

Ek is seker daarvan, boere gaan op ‘n stadum kom dat hulle eers gaan siet en dan vra watse “besigheid” wou jy nou eintlik kom doen het…

Lapland ·

Die probleem is dat die boere hier baie vertroue in hul menseverhoudinge met die ander volke het. Hulle sal dit so aan jou verduidelik ook, “as jy mense goed behandel en hulle ken sal jy niks oorkom nie”, daardie tipe misplaaste mentaliteit dat slegte dinge net met mense gebeur wat die ander volke sleg behandel. Geen clue van die donker politieke en kriminele onderstrominge nie. Ek woon in die Kaap en het al met ‘n hele paar boere gesels. Dit is maar die algemene opvatting hier.

Ian ·

Wanneer gaan die boere handwapens begin dra en betreeders van die grond afhou.

Piet parys ·

Moorde en aanvalle op boere is as gevolg van die absolute moedswilligheid van die anc regering om die witman in hierdie land van die plase te verdryf . Deur niks te doen nie .

se iets ·

Hierdie plaas aanvalle raak baie erg.
Ek wil net weet hoekom word daar ALTYD NET 1 OF 2 verdagtes gevang die res kom weg, dis mos nie net 1 polisie man wat agter 10 aangaan nie
En dat die 2 nie die polisie inkennis stel wie die ander persone betrokke is nie.

Dit maak net nie sin nie

Vra Net ·

Almal sê die boere moet handwapens begin dra…wat is een boer se kans met een handwapen teen 10 aanvallers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.