Twee dood na treine hulle tref

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is onderskeidelik Vrydag en Saterdag in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal dood nadat treine hulle getref het.

Een man is Saterdag dood en nog ʼn persoon kritiek beseer toe ʼn trein hulle by Klaarwater-treinstasie naby Mariannhill hulle getref het, het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê. “Een man, vermoedelik 30 jaar oud, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het hy verduidelik. “Nog ʼn man, ook ongeveer 30 jaar oud, is in ʼn kritieke toestand. Hy is met ʼn helikopter na die Prince Mshiyeni-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn man is Vrydag by die Ysterplaat-treinstasie in Ysterplaat in die Wes-Kaap dood nadat ʼn trein hom getref het. “Die pasiënt het op die spoor gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. “Hy het ernstige beserings aan sy bene en bors opgedoen.” Paramedici het dadelik met gevorderde behandeling begin, maar die man het ná 20 minute aan sy beserings beswyk en is dood verklaar. Die oorsaak van die voorval is nie duidelik nie.

Die betrokke plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.