Twee dood ná treine trompop bots

Foto: Dynamic-nooddienste/Facebook

Foto: Dynamic-nooddienste/Facebook

Twee mense is Woensdag dood in ʼn trompop botsing tussen twee treine tussen Oos-Londen en King William’s Town in die Oos-Kaap.

Volgens Dynamic-nooddienste is talle mense op die toneel behandel en via ambulanse en helikopters na verskeie hospitale in die omgewing vervoer.

Meganiese toerusting moes gebruik word om passasiers uit die wrak te bevry. Twee mense is op die toneel dood verklaar.

ANA het berig dat vyf mense beseer is in die botsing tussen ʼn Shosholoza Meyl-passasierstrein en ʼn Transnet-goederetrein. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Dynamic-nooddienste/Facebook

Foto: Dynamic-nooddienste/Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Ja – Sê maar niks dan is daar niks…………………………….

JoeV ·

Nou hoe lank van die voorige treon botsing? Was dit ‘n maand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.